Persepsie van geweld teen kinders op amper 50%

Die jongste Afrobarometer-peiling toon dat die persepsie van die voorkoms van kindermishandeling in Namibië op 47 persent vir stede bepaal is met 37 persent van respondente wat meen dit kom meer in landelike gebiede voor. Armer respondente is ook meer geneig om te glo dat kindermishandeling voorkom met 46 persent wat so sê teenoor 28 […]

Read More

Ondersoek ingestel na 4 sterftes tydens Nehawu-staking

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê sy departement ondersoek tans die moontlikheid van ‘n regstreekse verband tussen aangemelde sterftes en die staking van werkers wat aan die gesondheids-, onderwys- en verwante werkersvakbond behoort. Gesondheidswerkers het begin staak nadat hulle die regering se aanbod van ‘n 4,7 persent salarisverhoging verwerp het. Phaahla sê vier mense is […]

Read More

Charles pronk op sy eerste seël as koning

Die Verenigde Koninkryk se koninklike posdiens het die eerste stel spesiale seëls met gewilde blomme en die profiel van koning Charles III daarop, bekend gestel. Anders as die beroemde profiel van koningin Elizabeth, word die koning nie met ‘n lourierkrans uitgebeeld nie. Op een van die eerste seëls van Sy Majesteit is ‘n pronk-ertjie wat […]

Read More

Kaapse onderwys open 2024 skoolaansoeke

Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se 2024-skooltoelatingsproses het die week amptelik geopen, en sal tot die 14 April duur. Meer as 4 600 aansoeke is reeds ontvang. LUR David Maynier sê hy is bemoedig deur die aantal ouers wat hul kinders se skoolopleiding prioritiseer en seker maak dat hulle betyds aansoek doen. Hy sê verder, […]

Read More

Kavango-streke suip aan die agterspeen

Paulus Mbangu, raadslid van die landelike Rundu-kiesafdeling sê die afgelope 33 jaar het die bevolking- en behuisingsensus die twee Kavango-streke geensins gehelp in terme van beplanning of hulpbrontoewysing deur die regering nie. Die twee streke is uiters onder-ontwikkel en armoede is algemeen. Volgens Mbangu is daar in 1991, 1993 en 1994 deur die Nasionale Beplanningskommissie bevind dat die Kavango-streke die armste in Namibië is, maar die begrotingstoewysing van die regering was teenstrydig met daardie syfers. Hy bevraagteken dus die […]

Read More

Kindersorg- en jeugdienswerkers moet as noodsaaklike personeel geregistreer word

Die DA in Gauteng stel voor dat kindersorg- en jeugwerkers as noodsaaklike dienste geregistreer word. Dit is om te verseker dat wanneer hulle staak, waarop hulle geregtig is, ten minste 30 persent van die arbeidsmag gedwing sal word om by die werk te bly, om te verseker dat die kinders en jeugdiges behoorlik versorg word. […]

Read More

Wat gebeur as Zaporizhzhia ineenstort?

ussiese aanvalle het Europa se grootste kernkrag-aanleg, die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die Oekraïne vir ‘n sesde keer sedert Moskou se inval verlede jaar begin het, van die netwerk af gedwing. Rafael Grossi, die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, die Internasionale Atoomenergie-agentskap, het sy kommer uitgespreek hoe dit voorkom kan word. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, […]

Read More

Ferrari sal Red Bull kan gas gee

Ferrari se nuwe spanbaas, Frederic Vasseur, sê hy is vol vertroue dat sy span deur die loop van die Formule Een-seisoen, Red Bull sal kan uitdaag. Carlos Sainz het die Bahrein Grand Prix byna ‘n minuut stadiger as die Red Bull-wenner Max Verstappen voltooi, terwyl Charles Leclerc aan die wedren moes onttrek weens kragprobleme met sy motor. Vasseur sê Ferrari se pas in die kwalifiseringsronde in Bahrein gee hom egter rede tot optimisme […]

Read More

Kaapstad maak gereed om inwoners beter teen beurtwag te beskerm

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se planne om inwoners binne drie jaar teen die eerste vier fases van Eskom-beurtkrag te beskerm, is op dreef. Die drie-fase-verkryging vir beurtkragbeskerming het dié maand verskeie belangrike mylpale bereik. Die burgemeester sê die grootste verkryging, ‘n tender van 500 megawatt om krag op die ope mark aan te koop, is gereed […]

Read More

N$157m nodig vir gemarginaliseerde Namibiërs

Namibië se gemarginaliseerde gemeenskappe benodig 157 miljoen Namibiese dollar om honger en wanvoeding in die komende paar maande te verlig. Die adjunkminister vir gemarginaliseerde gemeenskappe in die ministerie van geslagsgelykheid Royal /Ui/o/oo, sê die ministerie sukkel om sy jaarlikse voedingsprogram, onderwys en die oorskakeling van inkomste toelaag na te kom. Hy sê die voedingsprogram was nog altyd onderbefonds, en die huidige tekort om die jaarlikse voedingsteiken te haal staan […]

Read More