Huise gesloop wat onder kraglyne gebou is

City Power doen ‘n beroep op gemeenskappe in Johannesburg om die bou van strukture onder kraglyne en bo-op kabels te vermy. Die oproep is gedoen nadat drie huise in Alexandra onder die elektriese netwerk gebou en uitgebrei is. Twee van die huise is die gesloop om toegang te verkry vir herstelwerk aan kraglyne. City Power-se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die inwoners moet alle strukture en geboue wat onwettig opgerig is by die stads-owerhede aanmeld, sodat stappe gedoen kan word voor dit te laat is.