Twee Springbokke en Tracy Chapman vereer

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, en die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Tracy Chapman is onder die mense wat volgende Vrydag Nasionale Orde-toekennings gaan ontvang by ‘n geleentheid in Pretoria. Kolisi en Ellis sal die Orde van Ikhamanga in goud ontvang, wat Suid-Afrikaanse burgers vereer wat op die gebied van kuns, kultuur, letterkunde, musiek, joernalistiek en sport uitgeblink het. Chapman ontvang die Orde van die Metgeselle van OR Tambo in silwer vir haar bydrae tot die vryheidstryd, en om wêreldwyd bewustheid van menseregte-oortredings te skep.