Kommer oor diefstal by skole

Ná die onlangse aanval en rooftog op ‘n onderwyser op Rundu, verskyn drie van die agt verdagtes vandag in die hof. Die Noord-Kaap ervaar egter ook inbrake by skole. Die Noord-Kaapse polisiekommissaris sê die bekamping van inbrake en by besighede en skole is ‘n prioriteit vir die polisie. Dit volg nadat twee verdagtes in hegtenis geneem is vir sake-inbraak en die besit van moontlik gesteelde eiendom van Hoërskool Prieska. ‘n Polisiewoordvoerder, Timothy Sam, sê die polisie het inligting opgevolg van die gemeenskapspolisieforum oor verdagtes wat na bewering moontlik gesteelde goedere verkoop.