Top-drie gelukkigste lande word deur vroue gelei

Die jongste Wêreld-geluksverslag berig die voorste drie lande met die gelukkigste bevolkings word deur vroue gelei. Finland, onder leiding van premier Sanna Marin, is aangewys as die gelukkigste bevolking ter wêreld. In die tweede plek is Denemarke, wie se eerste minister, Mette Frederiksen, sedert Junie 2019 aan die bewind is. Derde is Ysland, wie se […]

Read More

PDM sal parlementêre ondersoek na Namcor-drama aanvaar

Die Namcor-sage duur voort. Die PDM het aangekondig dat hy binnekort ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê vir ‘n parlementêre ondersoek na wat hy beskryf as die voorkoms van ‘n mafia-styl bestuurstyl wat tans by Namcor ontvou. Die party sê die betrokke staande komitee moet magte hê om getuies te roep. […]

Read More

Akkerbouraad verduidelik oor peperduur tamaties

Tamaties is op die oomblik peperduur en sommige winkels verkoop ‘n kilogram-sakkie vir meer as 40 Namibiese dollar. Volgens Gilbert Mulonda, van die Namibiese Akkerbouraad ,wat ook die grense vir sommige tamatie-invoere gesluit het gedurende Maart, is daar verskeie redes hiervoor en die tekorte word nie net plaaslik ervaar nie. Hy sê daar is ook […]

Read More

Borgaansoek vir Amushelelo-hulle vanmiddag aangehoor

Die borgaansoek van die twee aktiviste en NEFF-lede, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma sal volgens wat berig word om twee-uur vanmiddag in die laerhof in Katutura aangehoor word. Die twee is sedert 21 Maart agter tralies na hulle op 23 Maart borg geweier is. Inna Hengari, die PDM se parlementslid, wat in hegtenis geneem is […]

Read More

Moeilike tye lê voor vir Namibiese boere

Beide Namibiese vee- en saaiboere is op hierdie stadium baie bekommerd oor die reënval-situasie in die land. Tradisioneel sou boere in die noordelike deel van die land, sowel as mielieboere regoor die land, hulself gereed maak vir die oesseisoen. Soos dit nou lyk, is boere op hierdie stadium nie seker of hulle vir die oesseisoen […]

Read More

Namibiese jagluiperd kry vier welpies in Indië

Een van die agt Namibiese jagluiperds wat in September verlede jaar na Indië uitgevoer is, het geboorte geskenk aan vier welpies in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh. Die goeie nuus kom drie dae na een van die jagluiperds, Sasha, weens ’n nieraandoening dood is. Indië se Project Cheetah, wat daarop gemik is om die bevolking van die spesie in Indië te laat herleef, sewe dekades nadat hulle uitgesterf […]

Read More

Kaapse begroting: Goeie toekenning vir landbou as ekonomiese dryfveer

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die 2023/2024-begroting erken die landbousektor se kritiese rol om die ekonomie te dryf, werk te skep en te reageer op die belangrikheid van die huidige omstandighede in die provinsie. Die begroting van meer as 960 miljoen Suid-Afrikaanse rand het drie strategiese doelwitte, naamlik groei van werksgeleenthede, veiligheid […]

Read More

Nog ‘n dagvaardiging teen gesondheid vir kraamgeval

Carolina Shapohalo se saak, waar sy die gesondheidsministerie dagvaar vir skadevergoeding van 1,25 miljoen Namibiese dollar, kom vandag in die hoërhof voor, voor regter Collins Parker om verhoordatums te bepaal. Bemiddeling het misluk. In haar eis sê sy, sy is op 5 September 2021 in kraam opgeneem by Sentrale Hospitaal. Sy sê sy is daardie […]

Read More

Okh-inwoners sal hulle wend aan die president se kantoor

Die groep Okahandja-inwoners het Maandag, toe hulle opgeruk het na die lynminister, Erastus Uutoni se kantoor, geen verligting ontvang nie. Die groep beleërde inwoners van informele nedersettings op die dorp het geen verligting by die eerste minister of die dorp se munisipaliteit ontvang nie. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle sal hulle moet wend aan die […]

Read More

450 sake van seksuele wangedrag onder SA-opvoeders

‘n Opname deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders toon daar is die afgelope drie jaar meer as 450 sake van seksuele wangedrag teen opvoeders ingedien. Altesaam 191 daarvan was in die afgelope jaar. George Moroasui van die raad sê hulle het verlede jaar 23 tugprosesse ingestel en 19 opvoeders is aan seksuele wangedrag skuldig bevind. […]

Read More