Handelsyfers: Namibië kan munt slaan uit beurtkrag

Met die jongste handelsyfers wat bekend gemaak is, sê die makelaarsfirma Simonis Storm ‘n baie belangrike aspek is die Wêreldbank se Logistieke Prestasie-indeks. Die indeks gradeer doeltreffendheid in uitklaring, handelskwaliteit, vervoerinfrastruktuur, naspeurbaarheid, tydigheid, en mededingendheid om pryse te bepaal. Singapoer is boaan die lys met ‘n LPI-telling van 4,3. Namibië het ‘n LPI van 2.9, wat ‘n toename is vanaf ‘n telling van 2.7 wat in 2016 aangeteken is. Volgens die firma se ontleding is die gebrek aan beurtkrag by ons hawens en grensposte ‘n positiewe aspek vir die land. Grense kan dus optimaal funksioneer en sodoende die doeltreffende vloei van goedere vanaf die hawe in Walvisbaai laat uitvoer. Simonis Storm sê dit is ‘n geleentheid vir die land om markaandeel van ander hawens in die streek te bekom. Namport presteer ook jaarliks beter en met die korridors kan Namibië eintlik baie goed in die bedryf vaar.