Real Madrid en City speel gelykop 

Die langverwagte Kampioeneliga se eerste halfeindwedstryd tussen Real Madrid en Manchester City het in die Santiago Bernabéu-stadion gelykop geëindig met een-elk. Vinicius Junior het die tuisspan in die 36ste minuut laat voorloop. Net toe die verdedigende kampioene die tweede helfte wou oorheers, het City teruggeveg met ‘n briljante doel deur Kevin De Bruyne. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê volgende Woensdag is alles op die spel in die tweede been se tuiswedstryd op die Etihad-stadion: