Girkin sê Rusland sal binnekort nederlaag ly

‘n Voormalige Russiese militêre bevelvoerder verwag sy land sal binnekort ‘n nederlaag in Oekraïne ly. Igor Girkin het gereageer op gister se drasties afgeskaalde jaarlikse Oorwinningsparade. Hy is volgens berigte beskou as die land se invloedrykste voorstander van die inval in die kleiner buurland in Februarie verlede jaar. Girkin het in ‘n boodskap aan sy byna 800 000 volgelinge op Telegram gesê hy verwag Moskou gaan in die nabye toekoms deur Oekraïne verslaan word. Hy skryf dit toe aan Rusland se algehele gebrek aan strategie.