Nampol sê daar’s geen genade die langnaweek nie

Tydens die Paasnaweek gaan daar ‘n skerp toename in verkeersvolumes landwyd wees. Die Namibiese polisie se verkeersafdeling sal patrollies verhoog om padongelukke op die hoofpaaie te voorkom, veral die B1 en B2-hoofweë. Padgebruikers word gemaan om verkeersreëls te gehoorsaam aangesien roekelose en nalatige bestuur tydens langnaweke toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se hoof van die verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz gesels en […]

Read More

Ekonomiese strukture belemmer werkskepping

Plaaslike media berig dat daar oor die afgelope vyf jaar, 84 000 gegradueerdes in die arbeidsmark geplaas is. Net minder as 38 000 van die groep studente het beroepsopleiding ontvang. Volgens die arbeidskenner Herbert Jauch, is dit hoogs waarskynlik dat gegradueerdes van 2018 nog nie werk gekry het nie. Hy het aan plaaslike media gesê dat Covid-19 wel ook bygedra het maar, dat ekonomiese […]

Read More

BoN verleng Covid-verligting

Die Bank van Namibië het besluit om voort te gaan met sommige van die maatreëls om huishoudings en besighede te beskerm teen die ergste impak van die Covid-pandemie. Die verligtingsmaatreëls sluit onder meer in moratoriums vir die terugbetaling van lenings. Hierdie verslappings het kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese sektore […]

Read More

Geen kommentaar op uitkoms van Rossmund-veiling nie

Dit is onduidelik wat die uitkoms van die veiling van die Rossmund Gholfbaan is. Die veiling is Woensdagmiddag gehou. Aanvanklik was die reserweprys op 8,4 miljoen Namibiese dollar gestel maar, dit is opgestoot na 24 miljoen dollar wat volgens wat berig word, talle van die deelnemers by die veiling geskok het. Kosmos 94.1 Nuus het bevestiging ontvang dat […]

Read More

Daar’s reën in die Noorde en goeie nuus vir Ruacana

Volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese diens styg die Okavangorivier steeds geleidelik met ‘n vlak van 5,24 meter wat by Rundu gemeet is met vloei 233 kubieke meter per sekonde. Die vloei van die Kunenerivier by die Ruacana-hidroëlektriese-aanleg het ook ‘n aansienlike toename aangeteken van 91,9 kubieke meter per sekonde tot 101,5 kubieke […]

Read More

Uitstel op SA-visums… dis net vir langtermyn visums sê minister

Die Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake loop onder kritiek deur weens die vertragings met die verwerking van die langtermyn kwytskelding- en hernuwingsaansoeke van visums van duisende wettige buitelandse werkers. Die departement het daarop aangekondig daar is uitstel verleen vir aansoeke wat voor 31 Maart ontvang is. Die verlenging verval op 31 Desember vanjaar. Volgens minister […]

Read More

Amushelelo weer in die hof – die keer vir Stad Windhoek-klagtes

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo verskyn vandag weer in die Windhoek-landdroshof in een van sy vele hangende sake. Hy is op 15 Februarie gearresteer saam met tydelike werknemers by Stad Windhoek wat onwettige betoog het. Hy is twee dae later op borgtog vrygelaat maar is weer daarna op 21 Maart in hegtenis geneem tydens ‘n betoging […]

Read More

Ramokgopa sê sy werk duur voort

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê sy mandaat om versagtende oplossings vir beurtkrag te vind, gaan voort ten spyte van die beëindiging van die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit. Hy het aan die media gesê die ramptoestand is ingestel om beskikbare bronne te versterk om omvattend te reageer op beurtkrag:

Read More

Tsai-besoek aan VSA: McCarthy sê die wêreld is veiliger met dialoog

Speaker van die Amerikaanse Huis, Kevin McCarthy, het die Taiwanese President Tsai Ing-wen in Kalifornië onthaal, en is die mees senior Amerikaanse amptenaar wat ‘n Taiwanese leier op Amerikaanse bodem in dekades ontmoet het. Gesprekke het gehandel oor wapenverkope aan Taiwan en die besoek het reeds reaksie uit China gelok wat baie ongelukkig is daaroor. […]

Read More

Man dood vier kinders by Brasiliaanse kleuterskool met ‘n byl

Die Brasiliaanse deelstaat Santa Catarina het drie dae van rou afgekondig ná die moord op vier kinders tussen die ouderdomme van vyf en sewe. Volgens die polisie het ‘n 25-jarige man blykbaar oor die muur van die speelgrond by die Cantinho Bom Pastor-dagsorgsentrum gespring en die kinders met ‘n byl aangeval. Die verdagte het homself […]

Read More