Nampol sê daar’s geen genade die langnaweek nie

Tydens die Paasnaweek gaan daar ‘n skerp toename in verkeersvolumes landwyd wees. Die Namibiese polisie se verkeersafdeling sal patrollies verhoog om padongelukke op die hoofpaaie te voorkom, veral die B1 en B2-hoofweë. Padgebruikers word gemaan om verkeersreëls te gehoorsaam aangesien roekelose en nalatige bestuur tydens langnaweke toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se hoof van die verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz gesels en hy sê daar sal geen genade wees nie.