Amushelelo weer in die hof – die keer vir Stad Windhoek-klagtes

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo verskyn vandag weer in die Windhoek-landdroshof in een van sy vele hangende sake. Hy is op 15 Februarie gearresteer saam met tydelike werknemers by Stad Windhoek wat onwettige betoog het. Hy is twee dae later op borgtog vrygelaat maar is weer daarna op 21 Maart in hegtenis geneem tydens ‘n betoging oor jeugwerkloosheid. Sedertdien is hy steeds in aanhouding en sy regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo het die dienste van ‘n advokaat ingewin. Amushelelo verskyn vandag, vir die soveelste keer, op klagte van die oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste, aanhitsing van openbare geweld, die van die Wet op Oproerige Byeenkomste, opsetlike saakbeskadiging, asook betreding.