Jacinda sê almal kan lei

Oudpremier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern het ‘n emosionele laaste toespraak in die land se parlement gelewer. Ardern, wat haar familie, haar politieke party en haar ondersteuners bedank het, het in Januarie as premier uitgetree. Sy het in 2017 haar verskyning gemaak toe sy op die ouderdom van 37 die wêreld se jongste vroulike regeringshoof geword […]

Read More

Swartbooi sê Daures-gemeenskap se mynwese-kommer is geldig 

Die kwessie van mynwese in die Daures-kiesafdeling wil die wyk nie. Die gemeenskap, wat ook onlangs met die lynminister, Tom Alweendo vergader het, meen daar is net nadele in die mynbedrwyighede in hulle gebied. Die leier van die LPM-party, Bernadus Swartbooi sê die gemeenskap se kommer en klagtes is eg. In sy mening moet daar ‘n balans gevind word tussen mynwese en tradisionele sektore wat […]

Read More

Opheffing van ramptoestand verwelkom

ActionSA het die regering se besluit om die ramptoestand oor die elektrisiteitskrisis op te hef, verwelkom. Dit volg minder as twee maande nadat President Cyril Ramaphosa dit ingestel het. Hy sê die opheffing toon die ANC-geleide regering erken die ramptoestand sou nooit die krisis kon oplos nie. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die opheffing bevestig ook die party se […]

Read More

Zim-burgers sal berading kry as hul terugkeer huistoe

Die Zimbabwiese regering sê hy sal berading verskaf aan landsburgers wat na die verstryking van hul vrystellingspermitte na die land terugkeer vanaf Suid-Afrika om hul gladde herintegrasie te verseker. Die permitte sou in Desember verlede jaar verval, maar ‘n verlenging van ses maande is tot 30 Junie toegestaan. Na raming is 180 000 Zimbabwiërs in Suid-Afrika op die permitte […]

Read More

Trump se saak sal nie ‘n jurie haal nie

Oudpresident Donald Trump se prokureur Joe Tacopina het met Amerikaanse media gepraat oor die 34 klagtes teen sy kliënt. In sy mening het die klagte geen meriete in die reg nie en hy sê hy twyfel of die saak enigsins ‘n jurie sal haal. 

Read More

Saftu sê Eskom-vrystelling moet permanent opgehef word

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, doen ‘n beroep op die Tesourie om Eskom se vrystelling om sy onregmatige en verkwistende uitgawes in finansiële state aan te meld, permanent op te hef. Die minister van Finanasies, Enoch Godongwana, het die vrystelling gister voorlopig teruggetrek na beraadslaging met die Ouditeur-Generaal en wydverspreide openbare ontsteltenis. Die minister hou egter ‘n […]

Read More

Kerke en belasting: Aanspreekliheid is die belangrikste aspek

Die kwessie van kerke en belasting is terug in die nuus. Plaaslike berigte lui dat ‘n raadslid van die Independent Patriots for Change, Ndeshihafela Larandja, teen kerke uitgevaar het omdat hulle aansoek gedoen het om vrystelling van die betaling van eiendomsbelasting en belasting. Die IPC-raadslid wil hê die Stad Windhoek moet besonderhede verskaf hoeveel die stad verloor deur vrystellings aan kerke […]

Read More

Mariental kry MVA-noodreaksiespan

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het ‘n noodreaksiespan op Mariental daargestel. In ‘n verklaring sê die fonds dat hy in samewerking met die gesondheidsministerie en die Mariental-munisipaliteit die span op die been gebring het. Die span is by die brandweer gesetel en maak dit moontlik om binne die sogenaamde goue-uur, mediese hulp aan motorongeluk-slagoffers te bied. Hilaria Graig, woordvoerder by die fonds, het inwoners van die […]

Read More

Alles is oorweeg in opheffing van krag-noodtoestand

Die buurland se adjunkminister van samewerkende regering, Parks Tau, sê verskeie faktore is in ag geneem toe die ANC-regering besluit het om die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit te herroep. Dit sluit in verskeie versagtingsmaatreëls wat reeds ingestel is om aandag te gee aan beurtkrag asook die aanstelling van ‘n minister vir elektrisiteit. Tau het ook die versekering […]

Read More

Pence sal bevel dat hy oor 6 Januarie moet getuig, nakom

Die voormalige Amerikaanse adjunkpresident, Mike Pence, sal nie appelleer teen ‘n federale hofbevel oor die 2020-verkiesing nie. Hy gaan moet getuig in ‘n spesiale raadsondersoek na pogings deur oudpresident Donald Trump en sy bondgenote om die verkiesing omver te werp. Pence was die voorsitter van die gesamentlike sitting van die Kongres op 6 Januarie, toe wetgewers vergader het om die verkiesingstemme te tel en […]

Read More