LPM: ECN reik duplikaat stemkaarte knap voor Keetmans-tussenverkiesing uit

Die Landless Peoples’ Movement beskuldig die Verkiesingskommissie van Namibië dat hulle met behulp van die Namibiese polisie op Keetmanshoop 48 uur voor die tussenverkiesing op die dorp verklarings aan 120 bykomende kiesers uitgereik onder die voorwendsel dat hulle hul kieserskaarte verloor het. Duplikaat stemkaarte is glo uitgereik aan kiesers om Maandag in die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling […]

Read More

SA Kommunistiese Party eis dringende verwydering van VSA-ambassadeur

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party doen ‘n beroep vir die dringende verwydering van die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety. Die party sê sy optrede en beskuldigings het ingemeng met die land se soewereiniteit. Die SAKP beskuldig Brigety daarvan dat hy probeer het om Suid-Afrika se bestendigheid in gedrang te bring en vals inligting versprei het […]

Read More

VN: Dringende optrede nodig teen vroeë geboortes in Afrika

Die Verenigde Nasies het ‘n beroep gedoen vir dringende optrede met vroeë geboortes in Afrika. Volgens ‘n VN-verslag kon die vasteland nie die aantal vroeë geboortes verminder nie weens konflik, klimaatsverandering en Covid-19. Meer as 13 miljoen babas is in 2020 wêreldwyd vroeg gebore, met byna ‘n miljoen wat weens komplikasies gesterf het. Die meerderheid […]

Read More

Rugby: Trustco United onoorwonne in premierliga

Rugby: Trustco United het ná vier wedstryde in die Namibiese Rugby-unie se premierliga onoorwonne gebly deur gisteraand sy wedstryd teen FNB Unam op Gemsbokpark met 44-24 te wen. United was rustyd met 20-5 voor teen die studentespan en het uiteindelik vyf drieë gedruk. Danksy die bonuspunt vir minstens vier drieë beweeg United aan na 20 […]

Read More

Copps94.1: Vrou in hospitaal ná selfmoordpoging

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het die aand met ‘n selfmoordpoging afgesluit met ‘n vrou wat in die hospitaal opgeneem is . Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment […]

Read More

VSA-ambassadeur in SA erken glo hy het sy grense oorskry

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het in ‘n vergadering met die departement erken dat hy sy grense oorskry het. Brigety is deur ‘n démarche, oftewel diplomatieke waarskuwing ontbied om sy uitlatings te verduidelik. Die ambassadeur het beweer dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het […]

Read More

Vernietiging van Amasone-reënwoud in Brasilië gekeer

Die ontbossing van die Amasone-reënwoud in Brasilië het in April met 68 persent gedaal in vergelyking met die vorige jaar. Die syfers is goeie nuus vir die president, Luiz Lula da Silva, omdat dit die eerste noemenswaardige daling is sedert hy aan bewind gekom het. Hy het verlede jaar in die aanloop tot sy verkiesing […]

Read More

Rugby: Blitsbokke slaan terug in Toulouse

Rugby: Nadat hulle in hulle openings-Sewes-wedstryd in Toulouse, Frankryk met 31-7 teen die tuisspan verloor het, het die Blitsbokke teruggeslaan en Fidji in hulle tweede groepwedstryd met 24-7 geklop. Die Springbokke het in hul eerste wedstryd vyf drieë afgestaan, maar in hul laaste wedstryd van die dag het hulle in gietende reën ‘n goeie oorwinning […]

Read More

Aanklaer-generaal moet beslis oor Heavens Ark-behuisingsaak

Die hofsaak waarin die sakeman Stephan Malan daarvan beskuldig word dat hy ‘n groep van die Heavens Ark-behuisingsorganisasie uit hul grond bedrieg het, is uitgestel vir ‘n beslissing van die kantoor van die aanklaer-generaal. Die saak het vandag vlugtig in die Windhoekse landdroshof voorgekom en is vir die finale keer uitgestel. In reaksie vir Malan […]

Read More

Minder bouplanne in Swakopmund goedgekeur

Die goedkeuring van bouplanne in Windhoek en Swakopmund het met 33,6 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, van 283 planne in April 2022 tot 188 planne in April 2023. Die drywer van hierdie afname is Swakopmund, wat met 53,7 persent op ‘n jaargrondslag gedaal het. Die Swakopmundse munisipaliteit het in April 70 bouplanne vir huise goedgekeur, […]

Read More