Rafah loop deur onder vlugtelinge, dienste sukkel - December 14, 2023

Die Verenigde Nasies se humanitêre koördineerder, Lynn Hastings, sê die toenemende vyandelikhede in Gaza het byna die helfte van die bevolking na Rafah in die suide laat stroom, wat die ernstige gesondheids- en hongersnoodkrisis vererger. Byna 20 000 mense is dood sedert die konflik tussen Israel en Hamas op sewe Oktober begin het. Hastings sê […]

Read More

Padveiligheid: 73 ongelukke, 9 dood in een week - December 14, 2023

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê in sy jongste opdatering dat daar tussen 3 en 11 Desember reeds 73 motorongelukke met 96 beserings en nege sterftes aangemeld is. Tydens verlede jaar se feestyd, van 22 November tot 2 Januarie, is 54 mense op die land se paaie dood met 28 persent van alle ongelukke wat voetgangers ingesluit het. […]

Read More

DA hof toe oor Floyd Brink - December 14, 2023

Die DA in Johannesburg het hofstukke op die stad beteken vir wat hy noem, die moedswillige minagting van die hof, met Floyd Brink se heraanstelling as stadsbestuurder. Die Hooggeregshof in Gauteng het beslis Brink se aanstelling is onwettig, ongrondwetlik en ongeldig. Die raad het egter intussen ‘n geheime verslag aanvaar om Brink weer aan te […]

Read More

Hoogste hof in VSA sal oor aborsie-pil besluit - December 14, 2023

Die Amerikaanse Hooggeregshof het ingestem om volgende jaar mondelinge argumente aan te hoor in ‘n saak wat die toekoms van Mifepristone kan bepaal. Dis een van die twee middels wat tipies in medikasie-aborsies gebruik word. Verlede jaar het ‘n vereniging van anti-aborsie-organisasies en dokters, die Alliance for Hippocratic Medicine, ‘n federale regsgeding aanhangig gemaak, met […]

Read More

Jeugspele is af oor vervalde kontrak - December 14, 2023

Die 2023 Nasionale Jeugspele is gekanselleer. Die spele was vir die maand geskeduleer, maar die kontraktuele ooreenkoms met die hoofborg het verstryk en kon nie betyds hernu word nie. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibië Sportkommissie, sê die ooreenkoms met MTC is in 2020 onderteken maar het verval.

Read More

Plaaswerker-vervoer in die soeklig in SA - December 14, 2023

Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap, doen ‘n beroep op die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, om ‘n verbod af te dwing op die vervoer van plaaswerkers op vragmotors, na ‘n tragiese ongeluk in Philadelphia naby Kaapstad. Drie plaaswerkers is dood en 70 beseer in Dinsdag se ongeluk. Die federasie eis ‘n deeglike […]

Read More

Stad Windhoek skuld blykbaar N$51,4m in heffings - December 14, 2023

Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sal aansoek doen vir ‘n summiere vonnis teen Stad Windhoek en sal sy aansoek daarvoor teen 26 Januarie volgende jaar indien. Die owerheid sê die stad skuld om 51,4 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde ambagsopleiding heffings sowel as rente en boetes. Alle werkgewers moet 1 persent van die waarde van sy salarisstaat […]

Read More

Ramaphosa belowe om SA se probleme aan te spreek - December 14, 2023

President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis herbevestig om die energiekrisis, logistieke agterstande, diensbillikheid en transformasie, misdaad en korrupsie aan te spreek. Hy het die Black Business Council by die Uniegebou in Pretoria ontmoet om die onmiddellike uitdagings en die fundamentele transformasie van die ekonomie te bespreek. Die Presidensie sê die vergadering het ingestem […]

Read More

EU moet Oekraïne bystaan - December 14, 2023

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is op ‘n blitsbesoek aan EU-leiers na hy van Washington teruggekeer het. Hy vra bystand vir sy stryd teen Rusland en het 800 miljoen Amerikaanse dollar reeds by Pole bekom. Leiers van die EU kom vandag in Brussel byeen en die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen […]

Read More

Newcastle is ook uit Kampioeneliga uitgeskakel - December 14, 2023

Newcastle United is uit die Kampioeneliga uitgeskakel ná ‘n twee-een nederlaag teen AC Milan. Dit laat die span onder aan die Groep F-punteleer. ‘n Oorwinning sou die Magpies na die laaste 16 deurgestuur het, met PSG en Borussia Dortmund wat gelykop gespeel het, maar die nederlaag vir Newcastle beteken hulle is heeltemal uit die Europese […]

Read More