Waterkrisis: ANC skep net rampe, sê VF+

Die Vryheidsfront Plus sê die waterkrisis beklemtoon hoe verwyderd die ANC van die werklikheid is. Die VF Plus sê alles wat die ANC aanraak, verander in ’n totale ramp deurspek met korrupsie en onbevoegdheid. Die party het die regering se plan gekritiseer om ’n nasionale waterhulpbron-infrastruktuuragentskap te stig, en sê onder ANC-bewind is dit gedoem […]

Read More

VN-verslag toon Israel het volksmoord gepleeg

ʼn Menseregtekenner van die Verenigde Nasies sê daar is volgens haar redelike gronde dat Israel talle volksmoord-dade in Gaza gepleeg het. Francesca Albanese het haar verslag met die titel Anatomy of a Genocide, aan die VN se Menseregteraad voorgelê. Israel verwerp die verslag en beskryf dit as ʼn verregaande verdraaiing van die Volksmoordkonvensie. Albanese sê […]

Read More

Betalings aan Rusland is vertraag, sy debiteure is bang vir sanksies

Russiese oliemaatskappye staar vertragings van tot etlike maande in die gesig vir betalings vir ru-olie en brandstof, aangesien banke in China, Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate meer versigtig raak vir Amerikaanse sekondêre sanksies. Betalingsvertragings verminder inkomste aan die Kremlin en maak dit wisselvallig. Verskeie banke in die lande het die afgelope paar weke hul […]

Read More

Kabinet het plan met regeringskuld

Openbare skuld in die land word geraam op 165,8 miljard Namibiese dollar of 60,1 persent van die bruto binnelandse produk gedurende die 2024/25 finansiële jaar, ‘n vermindering van die vorige jaar. Maar, volgens finansminister Ipumbi Shiimi is dit nie alles negatief nie. Hy sê openbare skuld besig is om te verminder.

Read More

ANC sal MK terugkry – Mbalula

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mabalula, sê niemand mag iets steel wat aan die regerende party behoort nie en dink hulle kan daarmee wegkom nie. Die saak oor die uMkhonto weSizwe-party se beweerde oortreding van die ANC se ontbinde para-militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, word vandag aangehoor. Mbalula sê dit is ‘n duidelik in […]

Read More

Tunisiese hof stuur vier galg toe

’n Tunisiese hof het vanoggend vier mense ter dood veroordeel en twee mense tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van deelname aan die moord op die prominente politieke leier Chokri Belaid 11 jaar gelede, die land se eerste politieke sluipmoord in dekades. Belaid, ‘n linkse politikus, was ‘n fel kritikus van die Islamitiese Ennahda-party en […]

Read More

Sosiale media-verbod op Florida kinders onder 14

Kinders onder 14 in die Amerikaanse deelstaat Florida sal vanaf volgende jaar nie toegelaat word om sosiale media-rekenings te hê nie, terwyl 14- en 15-jariges ook ouertoestemming sal moet kry voor hulle platforms soos Snapchat en Instagram kan gebruik. Die goewerneur, Ron DeSantis, het die wet onderteken waarvolgens sosiale media-platforms kinders onder 14 se rekenings […]

Read More

Akkerbou-prestasie moet verbeter

Namibië sukkel met sy akkerbouproduksie al was daar in die afgelope jare ‘n merkwaardige verbetering. Volgens die jongste syfers vir die vierde kwartaal van 2023 wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gestel is, het die land amper 340 miljoen Namibiese dollar op invoere van die produkte bestee. In 2022 het die syfer op 279 miljoen […]

Read More

Radioaktiewe fasiliteit: Niks sal gebeur voor impakte nie bepaal is nie

Die radioaktiewe bergingsfasiliteit wat in Swakopmund beplan word, bly in die nuus. ‘n Omgewingsimpak-studie word reeds deur Geo-Pollution Technologies gedoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Johan Otto van Stewart Planning, wat sê hulle het reeds kommentaar gekry van myne en inwoners van die dorp. Stewart Planning is deur Namaquam Investments aangestel om die raad […]

Read More

Wes-Kaap kort stewige opposisie

Build One South Africa sê die DA-beheerde Wes-Kaap het ‘n sterk opposisie nodig wat hom aanspreeklik hou om dienslewering en werkskepping te bevorder. Die party het gister sy verkiesingsplakkate vir die verkiesing op 29 Mei buite die Parlement onthul. Die BOSA-leier, Mmusi Maimane sê sy party is daartoe verbind om ‘n Wes-Kaap te bou met […]

Read More