Egiptenaar en drie Aussies vas oor reuse-kontantbedrag in hul besit

Drie Australiërs en een Egiptiese burger verskyn môre in die Ondangwa-landdroshof nadat hulle nie kon verklaar waarom hulle kontant van 70 000 Amerikaanse dollar in hul besit het nie. Dit volg nadat die Namibiese polisie hulle by Omuthiya in die Oshikoto-streek in hegtenis geneem het. Tydens ‘n soektog is die kontant ter waarde van sowat 1,2 miljoen Namibiese dollar in ‘n spesiale kompartement van die gehuurde voertuig versteek gevind. Die vier verdagtes is tussen 24 en 54 jaar oud.