Nóg ‘n sesjarige Amerikaanse seun vat wapen skool toe
Die ma van ‘n sesjarige seuntjie van die Amerikaanse deelstaat Virginië, is in hegtenis geneem nadat hy met ‘n handwapen by die skool betrap is. Niemand is beseer nie, maar daar is gerugte dat hy gedreig het om ‘n meisie in sy klas te skiet. Die wapen is aan die polisie oorhandig. Die seun het glo die wapen in sy rugsak na sy die skool in Norfolk geneem. Die voorval volg kort nadat ‘n sesjarige seun verlede maand ook in Virginië sy onderwyseres geskiet het. Sy het oorleef. Die afgelope week het twee sesjarige seuns in afsonderlike voorvalle in Pennsilvanië en Noord-Carolina vuurwapens na hul skole geneem.