Geingob se boomskool-aanmerkings is skandelik, hy’t in 2014 gesê dit waai

President Hage Geingob is al weer in die spervuur. Hy het by die amptelike opening van sy kabinet gesê hy het nog nooit gesien dat kinders in Namibië onder bome skoolgaan nie…

Maar in Oktober 2014 toe hy nog presidensiële kandidaat was, het hy op Walvisbaai beloof om meer skole te bou en om boomskole te elimineer. Intussen is daar in die afgelope sewe jaar nie begroot vir enige nuwe onderwysinfrastruktuur nie. Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge sê Geingob se uitlatings is skandelik.