Litaue sluit twee grensposte met Belarus

Die Litause regering het twee van die land se ses grensposte met Belarus gesluit. Dié stap is in reaksie op die teenwoordigheid van huursoldate van die Russiese Wagner-groep in Belarus. Die twee plattelandse grensposte wat nie deur kommersiële voertuie gebruik word nie, is vanaf vandag gesluit wees. Die naburige Pole het met die uitsondering van […]

Read More

Rugby: Rose-kaptein kan deel van Wêreldbeker misloop

Rugby: Engeland se kaptein, Owen Farrrell, kan steeds ʼn gedeelte van die Wêreldbeker-toernooi misloop. Dit volg nadat Wêreldrugby geappelleer het teen die besluit van ‘n dissiplinêre paneel van die Ses-nasies om die rooikaart te kanselleer wat hy verlede week gekry het gedurende die opwarmings-wedstryd teen Wallis. Hy is met ʼn geelkaart afgestuur vir sy kenmerkende […]

Read More

Tshwane-burgemeester sê sakebedrywighede gaan voort

Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, verseker inwoners weer eens dat die sakebedrywighede van die stad voortgaan, ondanks die voortslepende onbeskermde staking deur lede van die vakbond Samwu. Hy sê in ʼn verklaring dit is jammer dat bepaalde dienslewerings-mandate vertraag word, insluitende waterlekkasies, elektrisiteit en afvalbestuur. Brink sê ondanks die onwettige optrede gaan vele werknemers van […]

Read More

GOAN: Wapen-amnestiemaand suksesvol

Die Namibiese polisie het aangekondig dat September weer Amnestie-maand is vir die inhandiging van onwettige wapens en ammunisie, maar die vraag ontstaan of sulke veldtogte gewapende misdaad bekamp of verminder. Ingevolge die wet mag geen persoon wat onwettige ammunisie of wapens by die polisie inhandig, vervolg word nie. Daar is toenemend uitdagings met wapens wat […]

Read More

ANC nie bekommerd oor Veelparty-handves

Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die regerende party is nie bekommerd oor die nuutgevormde Veelparty-handves vir Suid-Afrika nie. Sewe opposisiepartye wat tans in Kempton Park aan die Oos-Rand vergader het ooreengekom op die handves, met die doel om die ANC tydens aanstaande jaar se verkiesing uit die kussings te lig en die […]

Read More

Oud-hoof van Google begin Open-AI

Die voormalige uitvoerende hoof van Google, Eric Schmidt, bou ‘n nuwe organisasie om wetenskaplike uitdagings met behulp van kunsmatige intelligensie aan te pak. Die nie-winsgewende projek is geskoei op Open-AI, en het ten doel om top-vlak talent in die velde van wetenskap en kunsmatige intelligensie te lok, wat deurbrake op gebiede, insluitend geneesmiddel-ontdekking tot materiaalwetenskap […]

Read More

SA sportvroue in die steek gelaat

Die Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, sê leierskap het vroue in sport in Suid-Afrika in die steek gelaat. Kodwa was die gasheer op ‘n vergadering in Johannesburg saam met Banyana Banyana en die SPAR Proteas, om vroue in sport te vereer. Kodwa het die behoefte daaraan beklemtoon om vroue en mans […]

Read More

Tree op teen ongeregistreerde Gautengse skole

Die GOOD-party in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi en die departement van onderwys om teen ongeregistreerde skole in die provinsie op te tree. Dit nadat die ongeregistreerde Crowthorne Christian Academy na bewering ‘n 13-jarige meisie die skool verbied het omdat haar rasta-lokke in stryd is met die skool se beleid oor hare. […]

Read More

Savanna Beef soek beleggings én bedryfsbeampte vir abattoir

Savanna Beef Processors se jaarvergadering vind op 23 Augustus plaas waartydens terugvoering gegee sal word oor die vordering wat tot dusver gemaak is met beleggings, sowel as die beplande konstruksie van die abattoir. Cirrus Capital hanteer ook die derde ronde van beleggings van beesprodusente wat op 7 September om twaalf-uur die middag sluit. Intussen adverteer […]

Read More

Viroloog: Geen paniek oor Eris

‘n Viroloog aan die Universiteite van KwaZulu-Natal en Stellenbosch, Tulio de Oliveira, het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om kalm te bly te midde van die aankondiging van die eerste geval van die Covid-subvariant, Eris, in die land. Die subvariant is in ‘n pasiënt se monster in Gauteng ontdek. De Oliveira sê hoewel die subvariant […]

Read More