Namibiese gesondheidsministerie kry N$9,7 miljard

Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 9,7 miljard Namibiese dollar in die begroting van die 2023-24-boekjaar ontvang. Meer as 700 miljoen dollar sal vir beleggings en die opknapping van gesondheidsgeriewe, werwing van mediese personeel, verkryging van farmaseutiese produkte en ambulanse aangewend word. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê die Universele Gesondheidsdekking-beleidsraamwerk sal ook ontwikkel word.

Read More

Sentrale Verkrygingsraad kanselleer omstrede gesondheidstender

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het die omstrede tender vir die lewering van mediese voorrade aan die gesondheidsministerie gekanselleer. Amon Ngavetene, die voorsitter van die raad  het volgens berigte in ‘n brief aan bieërs gesê dat die totale koste die totale kosteberamings deur die ministerie van gesondheid oorskry. Die tender vir mediese voorrade het die […]

Read More

SA stel twee nuwe wette in om gryslys te vermy

Suid-Afrika het twee nuwe wette ingestel in ‘n poging om die gryslys te vermy. Die land is uitgelig weens kwesbaarheid teen geldwassery in sy stelsel. Die Finansiële Aksie-taakspan het ‘n verslag gepubliseer wat aandui dat die land nie wêreldwye standaarde handhaaf om geldwassery en die befondsing van terrorisme oor nasionale grense te bekamp nie. Die […]

Read More

Engelse paaltjievraat weer bo-aan toetsboul-ranglys

Krieket: Engeland se voorste paaltjievraat, James Anderson, is op die ouderdom van 40 weer bo-aan die toetsboul-ranglys. Die naatbouler het sewe paaltjies ingepalm in die oorwinning oor Nieu-Seeland in die eerste toets, en die Australiese kaptein, Pat Cummins, se  bewind van vier jaar-bo-aan die ranglys beëindig. Anderson het tans 682 toetspaaltjies agter sy naam. Hy […]

Read More

Landbouministerie se begroting verhoog

Die Nambiese landbouministerie het ‘n totaal van 2,4 miljard Namibiese dollar in die 2023-24-begroting ontvang, ‘n toename van 22,1 persent vanaf die vorige boekjaar. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê volgehoue produksie by die verskillende groenskema-projekte moet verseker word om voedselsekerheid te verbeter terwyl die verhuringsproses afgehandel word.

Read More

Sondebelasting styg om middernag

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede in die parlement die verhogintg van aksynsbelasting vir sogenaamde sondebelasting vir alkohol- en tabakprodukte aangekondig. Dit prysverhogings tree om vannag om middernag in werking.

Read More

Vooruitsigte vir Namibiese konstruksie lyk steeds beroerd

Vooruitsigte vir die Namibiese konstruksie-bedryf lyk steeds donker, aangesien minder bouplanne in Januarie goedgekeur is. Volgens Simonis Storm het die goedkeuring van bouplanne in Windhoek met 53,5 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, maar skerp in Swakopmund met 110 persent gestyg. Goedkeurings was hoofsaaklik vir aanbouings en nuwe residensiële eiendomme in beide Windhoek en Swakopmund, met […]

Read More

 Geen belastingvoorstelle in SA aangekondig  

Die Suid-Afrikaanse regering het geen beduidende belastingvoorstelle tydens die begroting aangekondig nie. Dit is glo te danke aan ‘n verbetering in inkomste as gevolg van hoër invordering van korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting. Die regering sê hy sal eerder belastingverligting van 13 miljard Suid-Afrikaanse rand bied. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede […]

Read More

Paaie in Suide gaan dalk weens oorstromings sluit

Die Namibiese Paaie-owerheid sê die bogemiddelde reënval in Suid-Afrika kan veroorsaak dat die Oranjerivier weer begin oorstroom. As gevolg hiervan waarsku die owerheid gemeenskappe langs die Oranje dat sekere paaie in die Suide moontlik gesluit sal word, naamlik Distriksweg 212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah en hoofweg 118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund.

Read More

Begroting: Goeie nuus oor maatskaplike toelae

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede in die parlement goeie nuus oor maatskaplike toelae gebring. Toelae vir pensioenarisse sal vanaf 1 300 tot 1 400 Namibiese dollar per maand styg en terwyl weerlose kinders ‘n verhoging van 100 dollar per maand vanaf 350 tot 450 dollar per maand sal kry. […]

Read More