Botha: Dis nou die tyd om kripto te koop
Reaksie is ontvang oor die kripto-geldeenheid Bitcoin wat vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik het met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, Dit is die grootse daling sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoof-indekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele […]
Sokker: Spanje en Engeland vir die eerste keer in eindstryd
Sokker: Die Wêreldbekertoernooi vir vroue eindig Sondag in Sydney wanneer Engeland in die eindstryd teen Spanje te staan kom. Daar is nog twee wedstryde om te speel, insluitend môre se bronsmedalje-stryd tussen Swede en Australië, maar ‘n toernooi-rekord is reeds opgestel met 1,85 miljoen mense wat wedstryde bygewoon het. ‘n Nuwe kampioen word Sondag gekroon, […]
Eenheid tussen SAPD, korrektiewe dienste en regbank nodig
Die buurland se Polisie- en Gevangenisse-vakbond Popcru doen ‘n beroep op die strafreg-groepering om aandag te skenk aan sy gebrekkige strukture om misdaadsake te hanteer. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê daar is ‘n behoefte om eenheid tussen die departement van korrektiewe dienste, die polisie en die regbank te bewerkstellig. Hy sê die SAPD is […]
Smokkelary belemmer handel tussen Namibië, Angola
Die Kamers van Koophandel en Nywerheid van Namibië en Angola nooi sakelui van beide lande uit na die tweede Angola-Namibië Besigheidsforum wat in Lubango, Angola, wat geskeduleer is vanaf 3 tot 6 September. Die Forum sal sluit ‘n besigheidsessie in om terugvoer te gee oor kwessies wat geopper is tydens die eerste forum wat in […]
SA misdaadsindikate saai amok
Die Suid-Afrikaanse teen-misdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, doen ‘n beroep op die regering om die stryd teen die plaag van misdaad voorop te stel terwyl georganiseerde misdaadsindikate amok maak in Suid-Afrika. Sekere kategorieë in die misdaadstatistiek het wel effens gedaal in die tydperk van April tot Junie, maar die algehele vlak van geweldsmisdaad is steeds baie hoog. […]
Wes-Afrikaanse weermaghoofde vergader steeds oor Niger
Weermaghoofde van verskeie Wes-Afrikaanse lande voer vandag weer samesprekings in die Ghanese hoofstad Accra oor moontlike militêre ingryping in Niger. Die ingryping sal slegs plaasvind indien diplomatieke pogings nie daarin slaag om die staatsgreep in Niger om te keer nie. Die President van Niger, Mohamed Bazoum, is op 26 Julie uit die kussings gelig. Die […]
VSA se oudpresidentsvrou Rosalynn Carter vier 96ste verjaardag
Die voormalige Amerikaanse Presidentsvrou, Rosalynn Carter, vier vandag haar 96ste verjaardag tuis, saam met haar man, Jimmy, en familielede. Sy ly aan demensie en haar 98-jarige man ontvang tans sorg, maar die egpaar woon steeds saam in die klein dorpie Plains waar hulle gebore en getroud is en Carter se politieke loopbaan begin het. Carter, […]
Solidariteit oorweeg regstappe teen ANC, EFF oor onderwys
Die vakbond Solidariteit onderneem om regstappe te doen indien die ANC en die EFF voortgaan om die omstrede Wetsontwerp op die Wysiging van Basiese Onderwyswette te steun. Die stap volg op oproepe van albei partye om skoolbeheerliggame van hul magte te stroop, wat woede ontketen het. Die vakbond beskuldig die regerende party daarvan dat hy […]
LPM: Is watersanitasie in Karas ‘n verkiesingsfoefie?
Die Landless Peoples Movement het sy reaksie gegee oor die kabinet wat opdrag aan die ministerie van landbou gegee het om watersanitasie te verbeter vir gemeenskappe langs die Oranjerivier en die Karas-streek in die algemeen. Die hoof van die Menseregte-afdeling van die LPM, Joyce Muzengua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor of hierdie ontwikkeling […]
Bheki: Meeste provinsies het afname in moord
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ‘n afname van 3,1 persent in verskeie misdaad-kategorieë vir die tydperk tussen April en Junie vanjaar aangekondig. Die jongste misdaadstatistiek dek die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar. Die minister sê alle provinsies, behalwe Mpumalanga, het ‘n afname in moordsyfers getoon. Seksuele misdrywe het met 1,9 persent gedaal, […]