Hongersnood eis 1 400 lewens in drie maande in Tigray
Minstens 1 400 mense is dood weens hongersnood in Ethiopië se noordelike Tigray-streek sedert voedselhulpverlening meer as drie maande gelede opgeskort is weens beweerde diefstal. Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram en die Amerikaanse hulp-agentskap, USAid, het hulp aan sowat ses miljoen mense in die streek verskaf, maar dit is in April gestaak, nadat daar ontdek […]
Rugby: Dis weer Wanderers in die premierliga-eindstryd teen United
Rugby: Die Namibiese Rugby-unie se semi-finaalwedstryde in die premierliga op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad het vir naelbyt-oomblikke gesorg. FNB Wanderers sal in die finaal weer hul titel verdedig nadat hulle vir FNB Rehoboth met 32-20 gewen het nadat Rehoboth teen halftyd met 14-10 voorgeloop het. In die ander half-eindstryd het Trustco United die […]
Verdere ‘tandekry-probleme’ van Paragon op HKIA verwag
Lufthansa se Eurowings Discover het agt vlugte na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe tot môre gekanselleer na hulle nie Saterdag kon land nie weens geen kontrakte met die nuwe vraghanteerter Paragon nie, wat ‘n sekuriteitsrisiko inhou. Lugrederye met kontrakte in plek soos Paragon se vennoot, Ethiopian Airlines, South African Airlines en Airlink het wel Saterdag […]
SA: 154 mense vir lospryse ontvoer
In die buurland is die parlement se portefeuljekonitee oor polisie bekommerd oor die toename in losprys-verwante ontvoerings in die land. Hy sê die tendens moet dringend getakel word om te verseker dit raak nie buite beheer nie. Die komitee sê die onlangse misdaadsyfers onthul 154 mense is vir lospryse ontvoer. Die komitee se waarnemende voorsitter, […]
Russiese missiel-aanval ruk Cherniviv
Minstens sewe mense, onder meer ‘n ses-jarige meisie, is dood en nog 117 is beseer in ‘n Russiese missielaanval op die Oekraïense stad Chernihiv. Die stad se hoofplein, ‘n universiteitsgebou en die nasionale teater is onder meer beskadig toe ‘n missiel die middestad getref het. Die Oekraïense President, Volodimyr Zelensky, wat in Swede is vir […]
Rugby: Springbokke ransel Wallis met 52-16 af
Rugby: Die Springbokke het in hul opwarmingswedstryd in Cardiff vir Wallis met 52-16 afgeransel. Die rustydtelling was 24-9 in die Bokke se guns. Die Springbok-kaptein Siya Kolisi het ‘n uitstekende eerste helfte teen Wallis voltooi na sy terugkeer na ‘n knie-operasie. Kolisi was ook die strateeg agter die eerste van die Bokke se agt drieë. […]
HKIA-sage het erge rimpel-effek, veral in piekseisoen
Die Namibiese toerisme-sektor is hoogs bekommerd oor die rimpel-effek wat die vrag- en grondhanteringskwessie by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe veroorsaak. Beide Eurowings van Lufthansa en Qatar Airways het skerp gereageer op die Namibiese Lughawensmaatskappy wat die vrag- en grondhanteringskontrak op die nippertjie vanoggend aan Paragon oorhandig en Menzies Aviation uitgeskop het. Verwarring heers onder […]
Khomas-konsultasies oor groenwaterstof-projek begin Dinsdag
Die regering van Namibië en Hyphen Hydrogen Energy gaan sy veldtog vir Namibië se braanbreker groenwaterstof-projek vanaf Dinsdag in die Khomas-streek van stapel stuur. Die sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk van die projek is einde Julie op Keetmanshoop bekendgestel. Die raamwerk is ‘n integrale deel van die haalbaarheids- en implementerings-ooreenkoms om die sosio-ekonomiese welstand van Namibië te bevorder, […]
Verpleegster is Brittanje se ergste kindermoordenaar
‘n Britse verpleegkundige, Lucy Letby, word beskryf as die land se ergste kindermoordenaar van die moderne tyd nadat sy skuldig bevind is aan die dood van sewe babas. Die 33-jarige Letby het die babas vermoor en probeer om nog sewe te vermoor in die Countess of Chester-hospitaal in Chester, Engeland, waar sy tot 2020 gewerk […]
Jazz-musikante vanaand in Nasionale Teater
As deel van die opbou tot die gewilde Windhoek Jazz-fees wat op 7 Oktober by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion plaasvind, is die Stad Windhoek verheug om die Local Jazz Artist Challenge vanaand by die Nasionale Teater van Namibië aan te kondig. Terwyl dit dien as ‘n platform vir plaaslike kunstenaars om hul talent ten toon […]