
Nersa verleng benoemingstydperk vir elektrisiteitsmark-forum - July 22, 2025
Die Nasionale Energiereguleerder het die benoemingstydperk vir die elektrisiteitsmark-raadgewende forum tot die 31ste van hierdie maand uitgestel. Woordvoerder Poppie Mahlangu sê die reguleerder het in April die vestiging van ‘n afdeling vyf-forum ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering goedgekeur. Mahlangu sê die forum sal die reguleerder raadgee oor verskeie aangeleenthede wat betrekking het op die vestiging […]
Zambië bou ru-olieraffinadery - July 22, 2025
Zambië het ‘n mylpaalooreenkoms onderteken om ‘n ru-olieraffinadery en energiekompleks van 1,1 miljard Amerikaanse dollar in Ndola te bou, wat ‘n belangrike stap in die rigting van energie-selfvoorsiening is. Die projek sal ongeveer 60 000 vate ru-olie per dag verwerk – genoeg om in die land se huidige brandstofvraag te voorsien en moontlik in die […]
Moet Bumrah boul of nie? - July 22, 2025
Indië moet ‘n moeilike besluit neem voor die voorlaaste toets teen Engeland môre op Old Trafford begin. Die besoekers loop 1-2 agter en moet besluit of hulle die wêreld se beste toetsbouler gaan insluit. Jasprit Bumrah sukkel met ‘n rugbesering en daar is vooraf besluit hy sal slegs in drie toetse speel. Hy het reeds […]
Shack Dwellers bou groter meerderheid van GRN se beloofde huise - July 22, 2025
Die regering gaan voort om inklusiewe stedelike en landelike ontwikkeling te bevorder deur die voorsiening van bekostigbare behuising. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, insluitend die voltooiing van massabehuisingseenhede in Windhoek op 362 en 24 in Opwuo. Die res word onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel. Die diens […]
Plant-smokkelary het al spesies uitgewis in SA - July 22, 2025
Die DA sê ten spyte van inhegtenisnemings gaan die ongebreidelde stroping van boslelie- en vetplantspesies voort. Verlede week is vier buitelanders tot 15-jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle 303 plante van die ernstig bedreigde Clivia mirabilis in die Namakwa-streek gesteel het. Andrew de Blocq van die DA sê talle bedreigde en ernstig bedreigde plantspesies, insluitend […]
Gaza-oorlog moet stop. Punt. - July 22, 2025
Die Britse minister van buitelandse sake David Lammy het met die media gepraat na die verklaring deur Brittanje en 24 ander lande oor die toestande in Gaza. Hy sê daar is tans geen handelooreenkoms met Israel nie en, sanksies is reeds ingestel. Die oorlog moet beëindig word.
VSA hersien beleid, organe word geoes terwyl skenkers nog leef - July 22, 2025
Die Amerikaanse Departement van Gesondheid en Menslike Dienste het ‘n hervorming van die orgaan-oorplantingstelsel van stapel gestuur en gedreig om ‘n belangrike verkrygingsliggaam te sluit, nadat ‘n ondersoek voortydige pogings gevind het om orgaanherwinning te begin terwyl pasiënte tekens van lewe getoon het. Die ondersoek het 351 gevalle ondersoek waar orgaanskenking gemagtig maar nie voltooi […]
Namcor: Namandje sê staat weerhou aspris bewyse - July 22, 2025
Die Namcor-Enercon borgaansoek duur voort. Verdedigingsadvokaat Sisa Namandje het die staat daarvan beskuldig dat hulle doelbewus bewyse in die saak weerhou het. Dit kom nadat staatsaanklaer Menencia Hinda onthul het dat beskuldigde Malakia Elindi na bewering vals bankbesonderhede aan die ministerie van verdediging verskaf het, wat daartoe gelei het dat Enercon miljoene ontvang het. Namandje […]
Manamela beste keuse vir Nkabane vervanging - July 22, 2025
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom Buti Manamela se aanstelling as nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit volg op die afdanking van Nobuhle Nkabane oor omstredenheid in verband met die aanstelling van raadsvoorsitters van Sektor-onderwys- en opleidings-owerhede. Makaneta sê Manamela is ʼn bekende in die hoër-onderwysomgewing wat ook adjunkminister was, en het boonop in […]
Egipte bied gratis treinritte tuis vir Soedan-vlugtelinge - July 22, 2025
Honderde mense kom bymekaar by Kaïro se sentrale treinstasie om die reis terug huis toe na oorloggeteisterde Soedan te begin. Die Egiptiese regering bied treinritte terug na Khartoem nadat die hoofstad onlangs deur die Soedanese weermag herower is. Mense het reeds begin terugkeer na die hoofstad terwyl dit stadig herbou. Egipte huisves die grootste aantal Soedanese […]