Arnie gesels oor verdraagsaamheid

Die Hollywood akteur en oud-Republikeinse goewerneur Arnold Schwarzenegger sê sy pa was ‘n Nazi. Hy is in Oostenryk in 1947 gebore en sê hy weet hoe rassehaat kan uitdraai. Hy gebruik sy nou sy platform om teen haat en rassisme in die VSA op te tree. Die land het groot uitdagings met verdraagsaamheid wat kwyn […]

Read More

Tshwane werk steeds om sake reg te stel, dienslewering te verbeter

Die nuwe bestuur by Tshwane werk steeds om dinge reg te ruk. Die burgemeester, Cilliers Brink, sê hulle gaan vakante poste vir senior personeel in die stad adverteer. Die metro sukkel reeds geruime tyd om die poste te vul en dit lei tot swak administrasie en wanbestuur. Tydens die stad se raadsvergadering het Brink gesê […]

Read More

Amushelelo, Hengari & Nauyoma terug in die hof vandag

Die saak van van die NEFF-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma kom vandag weer voor in die landdroshof in Katutura. Inna Hengari, die PDM se parlementslid, verskyn ook. Die saak, met verskeie klagte wat verband hou met aanhitsing tot openbare geweld, spruit uit die protesoptog teen jeugwerkloosheid wat op 21 Maart gehou sou word, maar […]

Read More

Skedelkusparke kry vandag splinternuwe infrastruktuur

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta gaan vandag amptelik die nuwe en opgegradeerde infrastruktuur van vier parkstasies in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke by Kaapkruis, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser inhuldig. Bennett Kahuure, die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus op Kaapkruis gesels oor presies wat die ontwikkeling […]

Read More

AfriForum laat vaar appèl vir ou SA-vlag

AfriForum het besluit om nie te appelleer teen die Appèlhof se wysiging van die Gelykheidshof se aanvanklike bevel oor die ou apartheidsvlag nie. Die burgerregte-organisasie is steeds gekant teen die verbod op simbole, maar sal geen verdere regshulpbronne aan die ou vlag-saak bestee en dit na die Konstitusionele Hof neem nie. Ernst van Zyl van […]

Read More

Disney dagvaar DeSantis oor herhaalde pogings oor beheer

Walt Disney dagvaar die Republikeinse goewerneur van Florida, Ron DeSantis. Die maatskappy vra die hof om sy pogings om beheer oor die maatskappy se temaparke in Orlando uit te oefen, omver te werp. Die optrede kom namate die toesighoudende raad wat DeSantis aangestel het om toesig te hou oor ontwikkeling in en om Walt Disney […]

Read More

Pan-Afrikansime moet bevorder word of kolonialisme keer terug

Henny Seibeb van die Landless People’s Movement het vandag in die parlement gesê dat Namibiese universiteite en skole daartoe bydra dat Namibiërs die gees van Pan-Afrikanisme verloor. Volgens hom sal die beweging uitsterf en sal bydra tot die terugkeer van kolonialisme. Hy sê in die verlede is Pan-Afrikanisme gebruik om Afrikane en hul ideologieë te […]

Read More

Toerisme tel ook op in SA, maar dis plaaslike besoekers

Dit is nie net Namibië se toerismesyfers wat verbeter nie. Dit blyk die geval in die buurland ook te wees. Die Suid Afrikaanse toerisme-bedryf se verblyfgetalle was in Februarie 35 persent hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens Statistieke SA se jongste syfers is dit veral Suid Afrikaners, wat plaaslik tussen stede en die […]

Read More

Xi en Zelensky gesels per telefoon

Chinese President Xi Jinping het vandag telefonies met Volodymyr Zelensky van die Oekraïne gepraat vir die eerste keer sedert Rusland se inval verlede jaar en ná maande se druk van Kiëf vir sulke samesprekings. Xi het aan Zelensky gesê China sal spesiale verteenwoordigers na die Oekraïne stuur en samesprekings voer met alle partye wat vrede […]

Read More

Van den Berg verlaat Ellispark oor ‘onmin’

Die voormalige Springbok-slot, Albert van den Berg, bevestig hy verlaat Ellispark omdat hy nie sy kontrak met die Leeus gaan hernu nie. Die voorspeler-afrigter is glo baie gewild onder die spelers, maar is ontnugter deur die onmin binne die unie. Die tegniese ontleder, Chris Venter, het glo skermskote van private boodskappe op sy skootrekenaar geneem, […]

Read More