Pan-Afrikansime moet bevorder word of kolonialisme keer terug

Henny Seibeb van die Landless People’s Movement het vandag in die parlement gesê dat Namibiese universiteite en skole daartoe bydra dat Namibiërs die gees van Pan-Afrikanisme verloor. Volgens hom sal die beweging uitsterf en sal bydra tot die terugkeer van kolonialisme. Hy sê in die verlede is Pan-Afrikanisme gebruik om Afrikane en hul ideologieë te verenig.