Israel gaan voort met lugaanvalle op Gaza-strook

Israel het vir ‘n tweede opeenvolgende dag lugaanvalle op die Gaza-strook uitgevoer. Volgens Israel is vuurpyl-lanserings-infrastruktuur van die Islamitiese Jihad militante groep geteiken. Mediese amptenare in Gaza sê minstens een persoon is dood en een is gewond. Die Israelse weermag het senior bevelvoerders van die militante groep geteiken, omdat hulle glo aanvalle teen Israel beplan […]

Read More

DA bekommerd oor hoër fases van beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op Eskom en die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, om bespiegelings uit te klaar oor Suid-Afrika wat binnekort na hoër fases van beurtkrag verskuif kan word. Dit volg omdat ongeveer die helfte van die kragvoorsiener se opwekkingsvermoë onbeskikbaar is as gevolg van onklaar-rakings. Die DA-lid, Christopher Fry, […]

Read More

HAN-kongres takel tekort aan vaardighede in toerisme

Ondanks die herstel van toerisme, is die grootste uitdaging wat die Namibiese en internasionale toerismebedryf in die gesig staar, ‘n vaardigheidstekort. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië bied hul jaarlikse kongres op 15 en 16 Mei in Windhoek aan onder die tema: “Co-creation of a Tourism Training Roadmap for Namibia”. Dit sal meer as 24 verskillende opleidingsinstellings, […]

Read More

SA Inkomstediens het reuse-mislukking beleef

Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het erken die leierskap het tussen 2014 en 2019 ‘n reuse-mislukking beleef ten opsigte van bestuur en integriteit. Edward Kieswetter het tydens ‘n geleentheid by die Universiteit van die Wes-Kaap in Kaapstad gesê sake wat met staatskaping verband hou, het ‘n kultuur van vrees en intimidasie by die organisasie […]

Read More

Betogings in Pakistanse oor Khan se arrestasie

Die polisie in Pakistan het honderde ondersteuners van die voormalige Pakistanse eerste minister en krieketheld, Imran Khan, in verskeie stede in hegtenis geneem toe betogings oor sy arrestasie gewelddadig geraak het. Meer as 900 ondersteuners is in die Punjab-provinsie aangekeer toe 25 polisievoertuie en 14 regeringsgeboue aan die brand gesteek is. Die provinsiale owerheid in […]

Read More

Krieket: Bavuma lei Proteas na Indië

Krieket: Die Proteas se eendag-internasionale kaptein, Temba Bavuma, sê dit sal ʼn groot eer en voorreg wees om die span op vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Indië aan te voer. Suid-Afrika het gekwalifiseer nadat die eerste eendagwedstryd tussen Ierland en Bangladesh uitgereën het. Dit beteken die Proteas kan nie meer ingehaal word op die IKR se […]

Read More

Standaarde vir outistiese leerders in skole is broodnodig

Noordwes se LUR vir Onderwys, Viola Motsumi, sê die provinsie verander die benadering om leerders met spesiale behoeftes te hanteer. Die provinsie het 23 spesiale skole vir leerders met verskillende behoeftes, maar geen skool vir outistiese kinders nie. Die departement se woordvoerder, Elias Malindi, sê in ‘n poging om hierdie skole dieselfde aandag as hoofstroomskole […]

Read More

Ekonoom gesels oor jongste handelsbalans

Die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin vir Maart dui daarop dat Namibië se handel verbeter het in vergelyking met Februarie 2023. Namibiese edelgesteentes soos diamante ter waarde van 3,3 miljard Namibiese dollar is uitgevoer en het ‘n handelsoorskot van 2,9 miljard dollar opgelewer. Uraan se handelsoorskot het op 1,5 miljard gestaan, maar koper-erts en konsentrate toon […]

Read More

Verdamping by Neckartal genoeg vir 2 000-hektaar se besproeiing

Die jongse dambulletin van NamWater toon dat ‘n reuse 1,819 miljoen kubieke meter water in ‘n week uit die Neckartaldam verloor is. Dit is ongeveer dieselfde hoeveelheid wat die Mariental-boere in die plantseisoen, voor dit reën per week gebruik om meer as 2 000 hektaar se gewasse te besproei. Die dam word steeds glad nie […]

Read More

NVG twyfel of Gupta-broers uit in Emirate is…

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, Andrea Johnson, sê hulle het nooit in die Verenigde Arabiese Emirate toegang tot die Gupta-broers gekry nie. Dit ten spyte van versoeke om te sien waar die broers na bewering aangehou word. Die appèlhof in Dubai het geweier om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer om […]

Read More