Lang vonnisse vir renosterstropery verwelkom

Die ministerie van omgewingsake het vonnisse van 13 jaar tronkstraf elk vir vier renosterstropers verwelkom. Wyle Gerson Kandjii, 51, ‘n voormalige chiropraktisyn van die nasionale sokkerspan, is ook by die saak betrek. Die arrestasies spruit uit ‘n voorval in Desember 2016, waar vier witrenosters op ‘n privaat plaas in die Gobabis-distrik gestroop is. Die ministerie sê Katutura-landdros Johannes Shuuveni verstaan die erns van die saak, veral omdat hy geen opsie vir ‘n boete toegelaat het nie. Dit sal ook dien as ‘n sterk boodskap dat stropery in Namibië ernstige gevolge het.