Gun Free SA staan families wat geraak is deur wapengeweld by

Gun Free South Africa neem regstappe namens gesinne wat deur vuurwapengeweld geraak is. Die organisasie dagvaar die polisie oor die beweerde onwettige vrystelling van vuurwapens uit hul bewaring. Die organisasie het hofstukke ingedien om die polisie aanspreeklik te hou vir sterftes en beserings wat deur hierdie vuurwapens veroorsaak is. Die direkteur, Adèle Kirsten, voer aan […]

Read More

150 skole in DRK verwoes, 18 omskep in militêre basisse

Sowat 150 skole in Noord-Kivu, in die Demokratiese Republiek van die Kongo is sedert die begin van die jaar óf deur gewapende groepe aangeval óf vernietig met 18 wat in militêre basisse omskep. In Noord-Kivu is byna ‘n miljoen mense deur die loop van 2022 intern ontheem as gevolg van gewelddadige konflik in die gebied. […]

Read More

Vlooimark vir die hartstigting is die naweek

Die Hart Vlooimark vind Saterdag in samewerking met ‘n Namibiese mediese fonds en die Namibiese Hartstigting op die Wanderers-sportvelde plaas. Die stigting wil die publiek inlig oor hartgesondheid en die mark sal vermaak vir oud en jonk verskaf. Die stigter van die Hartstigting, Gerhard de Koe, nooi die publiek hartlik uit na die geleentheid.

Read More

Onregmatige uitgawes van meer as R9 miljard in Gauteng

Die DA in Gauteng sê die voortdurende oorsien van onregmatige uitgawes het ‘n ernstige uitwerking op dienslewering aan inwoners. Kondonasie-aansoeke wat in die 2021/2022-boekjaar by die provinsiale tesourie se komitee vir onregmatige uitgawes ingedien is, beloop 9,121 miljard Suid-Afrikaanse rand. Adriana Randall van die DA sê van die 29 versoeke is 21, ter waarde van […]

Read More

Kombat se koperontginning een tree nader

Die Kanadese Trigon Metals het die suksesvolle eerste myn-ontploffing en die amptelike herbegin van mynbedrywighede van sy Kombat-oopgroefmyn bevestig. Koperproduksie van 2 ton word teen 31 Maart 2024 vanuit die oopgroefmyn verwag, wat in Trigon se eerste volle produksiejaar tot 3 ton sal groei. In die volgende kwartaal sal die pomp van ondergrondse water begin vir die heropening van ondergrondse mynbou in 2024. Kombat se ondergrondse myn het in 2008 oorstroom […]

Read More

Outistiese kinders suip aan die agterspeen met skole

Namibiese leerders met spesiale behoeftes het uitdagings in die onderwyssektor met ‘n gebrek aan spesiale skole en infrastruktuur in die land. Nes in die buurland, het Namibië spesiale skole vir leerders met verskillende leerbehoeftes, maar daar is ‘n gebrek aan skole vir outistiese kinders. Dagbreek in Windhoek se skool-administrateur, Bianca Hamases het by navraag van Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Denosa kla oor haglike hospitale in Noord-Kaap

Die Suid-Afrikaanse verpleegorganisasie Denosa het sy kommer uitgespreek oor die beweerde onmenslike toestande in die Kuruman-distrikshospitaal in die Noord-Kaap. Die provinsiale sekretaris, Anthony Vassen, sê die situasie is haglik, met pasiënte wat op die vloer slaap en sale wat oorvol is. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp en aandag te skenk aan […]

Read More

Stormers is sonder Fourie en Orie 

Die Stormers sal Connacht dalk in die halfeindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap sonder twee van sy Springbokke moet aandurf. Die afrigter, John Dobson, sê die flank Deon Fourie se kans om fiks te wees is net 50-persent, en die slot Marvin Orie het ʼn seer skouer na die kwarteind-oorwinning oor die Bulle. Volgens Dobson is hy nie regtig bekommerd oor Orie nie, […]

Read More

Staatskapingverslag se aanbevelings oor Eskom moet geïmplementeer word

Die Instituut vir Rasseverhoudinge in die buurland sê hy het aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, geskryf om die dringendheid te beklemtoon van die implementering van aanbevelings in die staatskapingsverslag. Volgens die verslag gaan dit harde werk verg om die omvang van korrupsie by Eskom te oorkom. Mlondi Mdluli van die instituut sê beurtkrag […]

Read More

TransNamib hervervaardig 22 lokomotiewe

TransNamib sê hy het 22 treine geoormerk vir hervervaardiging om die lopende vloot ‘n hupstoot te gee. Tussen stukkende en ou lokomotiewe en ontsporings sukkel die maatskappy om broodnodige inkomste te genereer. Die woordvoerder, Abigail Raubenheimer het aan plaaslike media bevestig dat behalwe vir die 22 wat hervervaardig word, is 25 lokomotiewe operasioneel met 13 wat herstel word. Sy voeg by dat meer as ‘n miljoen Namibiese dollar bestee word […]

Read More