Die tyd vir die Tories is verby – Starmer

Die leier van die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die Tories se tyd is verby. Hy sê die afgelope plaaslike owerheidsverkiesing het dit reeds bewys maar, hy voeg by dat premier Rishi Sunak onbevoeg is, ook as minister van finansies, ‘n pos wat hy beklee het voor hy premier geword het. 

Read More

Sesame Street geloof vir diversiteit

Sesame Street word geloof nadat hy sy eerste Filippynse muppet bekend gestel het. TJ het sy debuut in ‘n segment gemaak saam met die akteur Kal Penn en Ji-Young, die program se eerste Asies-Amerikaanse muppet wat in 2021 by die program aangesluit het. In sy eerste verskyning het TJ, wat met Yinan Shentu se stem praat, gewys hoe sy gesin se ondersteuning sy selfvertroue ‘n hupstoot gegee het. […]

Read More

Kanker-eise neem toe in SA

Suid-Afrika ervaar ‘n styging in versekeringseise vir kanker en ander siektes. Volgens Liberty-versekering se eisestatistieke vir 2022 het meer as 31 000 mense eise ingedien van meer as ses miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Woordvoerder van Liberty, Tom Crotty, sê ‘n groot persentasie van hierdie eise het met kanker en ander leefstylverwante toestande verband gehou: 

Read More

Tarief vir NamPower vandag bekend

Die Elektrisiteitsbeheerraad sal vanoggend sy besluit oor kragtariewe bekend maak. NamPower het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra. NamPower presteer normaalweg uiters goed maar het in die vorige boekjaar erge uitdagings beleef en ‘n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar vir die jaar tot 30 Junie 2022 aangeteken, teenoor ‘n wins van 1,2 miljard in 2021. Daar was in die afgelope boekjaar groot […]

Read More

Oos-Kaapse kinders ‘n maand sonder etes 

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor berigte oor leerders in die Oos-Kaap wat vir ‘n maand sonder etes was weens vertragings met die toewysing van fondse. Die kommissie waarsku hierdie situasie is moontlik ‘n skending van leerders se reg tot basiese voeding. Die kommissie sal die toewysing van fondse aan die betrokke skole monitor. Die […]

Read More

Trump looi Biden oor Title 42

Alle Covid-maatreëls het sowat ‘n uur of twee gelede in die VSA verval, wat dit natuurlik moontlik maak vir Novak Djokovic om aan die Amerikaanse toernooie deel te neem. Maar, onder die maatreëls verval die beperking op die toelating van migrante en vlugtelinge, bekend as Title 42. Oudpresident Donald Trump het teen President Joe Biden uitgevaar omdat hy toelaat dat die titel verval.  Intussen het die Kongres reeds […]

Read More

Nee, Samherji het nie jammer gesê nie

Die ‘We are sorry’-plasing was eenvoudig te goed om waar te wees, al het dit die maatskappy se webwerf so geloofwaardig nageboots. Namibia Fact Check het ondersoek ingestel na wat gelyk het asof die Yslandse vismaatskappy Samherji aan Namibië om verskoning vra vir die Fishrot-skandaal. Alles het uiters eg gelyk. Daar was selfs skakels na ander webblaaie maar, Namibia Fact Check sê maatskappye vra nie so om verskoning […]

Read More

Gelukwensings stroom in vir stigterpresident se 94ste

Sam Nujoma, die stigterspresident is nog baie sterk en gesond terwyl hy vandag sy 94ste verjaardag vier. Hy word nog steeds as die vader van die nasie deur Namibiërs gerespekteer vir sy leierskap en wysheid nadat hy Namibië na onafhanklikheid in 1990 gelei het. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunkpresident Nangolo Mbumba gepraat wat Nujoma ‘n gelukkige […]

Read More

Thomas Florin bring weer aansoek vir vrylating

Die berugte Thomas Florin het ‘n aansoek op die mosiehofrol vanoggend. Hy poog weer om vrygelaat te word maar, die saak sal van die rol verwyder word en na ‘n besturende regter oorhandig word. Florin, wat sy vrou Monica in Junie 1998 op Swakopmund vermoor het en haar oorskot gekook het, is in Desember 1999 […]

Read More

Langverwagte Hartebeestloop-veiling vind vandag plaas

Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind vanoggend om elf-uur op die plaas Hartebeestloop van die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Die veiling sal ook aanlyn wees met ‘n groot verskeidenheid van top-kwaliteit Bonsmara-bulle en vroulike diere. Briedenhann se seun Byron het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die voordele van gefokusde teling, veral as […]

Read More