Turkye se Erdogan nog vyf jaar aan die stuur

Turkye se President Recep Tayyip Erdogan gaan nog vyf jaar aan die stuur van dié land bly. Nadat 99,43 persent van die stemme getel is, het die land se hooste verkiesingsraad Sondagaand aangekondig Erdogan het 52,14 persent van die stemme gewen terwyl sy teenstander, Kemal Kilicdaroglu, 47,86 persent gekry het in die opvolg- presidensiële verkiesing. […]

Read More

Motorsport: Verstappen wen in sopnat Monaco

Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het reën en ‘n uitdaging deur Fernando Alonso in ‘n Aston Martin oorkom om die Monaco Grand Prix te wen. Dit was sy vierde oorwinning in ses wedrenne vanjaar. Alonso het sy vyfde podiumposisie in ses wedrenne opgeraap terwyl Esteban Ocon van Alpine derde was. Lewis Hamilton en George […]

Read More

Gemeenskappe herdenk vandag volksmoord in hoofstad

Geraakte gemeenskappe van die 1904 tot 1908-volksmoord wat deur Duitse magte teen die Nama-, Ovaherero- en Ovambanderu-mense gepleeg is, kom tans by die Onafhanklikheidsmuseum in die hoofstad byeen om die Nasionale Volksmoord-herdenkingsdag te herdenk. Afgetrede Swanu-LP Usutuaije Maamberua het in 2016 voorgestel dat 28 Mei tot Nasionale Volksmoord-herdenkingsdag verklaar word, aangesien dit op dié datum […]

Read More

Stad Windhoek tref voorsorg teen veldbrande in winter

Stad Windhoek se afdeling ramprisiko-bestuur het pro-aktief voorsorgmaatreëls getref om veldbrande in die winter-brandseisoen in en om die hoofstad te voorkom. Hierdie maatreëls behels strategies geplaaste brandpaaie om as versperrings teen brande te dien. Dit verseker ook beter toegang vir brandbestrydingspanne. Die brandpaaie beslaan ‘n afstand van 40 kilometer en is in die bergagtige gebiede […]

Read More

Cyril stel onafhanklike paneel aan vir ondersoek na Russiese skip

President Cyril Ramaphosa het amptelik die onafhanklike paneel aangestel wat gaan ondersoek instel na die gebeure toe die Russiese skip, die Lady R, in Desember by die Simonstad-vlootbasis anker gegooi het. Die voorsitter van die paneel is Regter Phineas Mojapelo, en die ander twee lede is advokaat Leah Gcabashe en Enver Surty. Die ondersoek volg […]

Read More

Namibiese skrywer spreek manne in uniform toe

Ná die bekendstelling van sy boek getiteld “Swallow your Pride”, was die skrywer en maatskaplike aktivis Leonard Akathingo ‘n besige man. Die boek moedig mans aan om hul trots te sluk en te praat oor hul hartseer en kwessies, andersins kan dit bydra tot hul geestesgesondheids-probleme. Akathingo wat onlangs deur One Capital, ‘n projek van […]

Read More

Kommer oor toename in geslagsgeweld, kinderverkragtings

Kommer heers landwyd oor die toename in geslagsgeweld en kindervekragtings, veral in die Noorde. Die Oshana-streek het sedert Januarie vanjaar 260 gevalle van geslagsgeweld aangeteken. Hoof-inspekteur Kaarina Shiimi sê 61 verkragtings is in die streek aangemeld, waarvan 25 slagoffers kinders is. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar het die streek 258 sake van geslagsgeweld en 41 […]

Read More

Veilige, betroubare en doeltreffende vervoerstelsel in SA nodig

Die minister van vervoer in die buurland, Sindisiwe Chikunga, sê die sukses van handel binne Suid-Afrika se grense en daarbuite is afhanklik van ‘n veilige, betroubare en doeltreffende vervoerstelsel. Chikunga het die Padvragvereniging se konferensie in George in die Suid-Kaap toegespreek. Sy sê die vervoerstelsel moet genoegsaam geïntegreer wees om maklike toegang te verseker en […]

Read More

Serwiese President bedank as partyleier, maar nie as staatshoof

Die Serwiese President Aleksander Vucic het op ‘n partykongres as leier van die regerende Serwiese Progressiewe Party uitgetree. Volgens hom is die nuwe benadering nodig om die land te herenig, maar hy het bevestig dat hy wel as staatshoof sal aanbly. Dit volg ná tienduisende mense oor Serwië heen en van die naburige Kosovo, Montenegro […]

Read More

Aanlyn swendelaars teiken kopers van hondjies

Namibiërs en Suid-Afrikaners word gewaarsku oor die toename in aanlyn swendelary met hondjies wat slagoffers heelwat geld kan kos. In een geval het ʼn slagoffer meer as 300 000 Namibese dollar verloor toe hy ʼn goue apporteerhond of te wel golden retriever aanlyn wou koop. Kenners het hierdie swendelary geïdentifiseer as die werk van internasionale […]

Read More