Serwiese President bedank as partyleier, maar nie as staatshoof

Die Serwiese President Aleksander Vucic het op ‘n partykongres as leier van die regerende Serwiese Progressiewe Party uitgetree. Volgens hom is die nuwe benadering nodig om die land te herenig, maar hy het bevestig dat hy wel as staatshoof sal aanbly. Dit volg ná tienduisende mense oor Serwië heen en van die naburige Kosovo, Montenegro en Bosnië in Belgrado saamgetrek het om hul steun aan Vucic te toon. Die party-leierskap het Vucic se bedanking by die party-kongres aanvaar en hom met die minister van verdediging, Milos Vucevic vervang, soos Vucic voorgestel het.