
Dalk kan 4×4-ambulanse help in Kavango-Oos - June 25, 2025
Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, ‘n gebrek aan vervoer en beperkte vulstasies.
Bek-en-klouseer buite beheer in buurland, sê TLU SA - June 25, 2025
Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis noodsaaklik dat streng biosekerheidsmaatreëls afgedwing […]
Betogings bars weer los in Nairobi - June 25, 2025
Betogings in Kenia het vandag in Nairobi toegeneem op die eerste herdenking van die dodelike belasting-betogings waarin meer as 60 mense dood is. Reuters berig 56 mense is in hospitale opgeneem, die meeste van hulle met koeëlwonde. Die polisie het alle toegang tot die parlement afgesluit na spanning ook toegeneem het ná die dood van […]
Trump kry sy sin by Navo-beraad, leiers herbevestig beskerming - June 25, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het by Navo-leiers aangesluit en die verbintenis herbevestig om mekaar te beskerm, nadat bondgenote ooreengekom het om besteding op verdediging te verhoog. Trump het ‘n belangrike buitelandse beleidsoorwinning behaal toe hy die 32 Navo-lande oortuig het om in te stem tot sy teiken van vyf-persent van BBP vir verdedigingsbesteding. Trump […]
Dis hoekom Chinese EV’s skoonskip maak in verkope - June 25, 2025
Volgens die jongste voertuigverkope-statistieke, word elektriese voertuie wêreldwyd al meer gewild. Dit kan veral toegeskryf word aan wisselvallige brandstofpryse. Die statistieke wys dat die voorkeur-handelsmerke van China afkomstig is, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia.
Krieket SA stuur vroue-toer na Namibië - June 25, 2025
Krieket Namibië, in samewerking met Krieket Suid-Afrika, het ‘n opwindende witbal-toer aangekondig tussen die KSA Ontluikende Vroue-akademiegroep en Namibië se Capricorn Eagles. Die wedstyde sal van 2 tot 12 Julie by die die hoëprestasie-ovaal in Windhoek gespeel word en bestaan uit vier T20-wedstryde en drie 50-boulbeurt-wedstryde. Die reeks vorm ‘n kritieke deel van die Eagles […]
Namibië, SA in moeilike posisie weens Midde-Ooste konflik - June 25, 2025
Suid-Afrika is in ’n moeilike posisie met die konflik in die Midde-Ooste. Ramaphosa se Withuis-besoek het ook ontaard. Intussen het Iran se regering Namibiese belange deur sy aandele in die Rössing-myn. Kenners waarsku dat ’n duidelike standpunt deur enige van die twee regerings ekonomiese gevolge uit die VSA kan inhou. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Vrae word in NV gerig oor onopgeloste moordsake - June 25, 2025
In die Nasionale Vergadering het die PDM-wetgewer Diederick Vries kennis gegee hy gaan op 3 Julie die minister van veiligheid en sekuriteit vra hoe ver die ondersoek is in verskeie moordsake. Dit sluit in die van Magdalena Stoffels sowel as vanjaar se moorde op Ingrid Maasdorp, Beyonce !Kharuxas en Rosalind Fabian in Okahandja.
Mubita sit PLAN-vegters se betalings uiteen; SWATF-lede kry niks - June 25, 2025
Die adjunkminister van veterane-sake, dr. Charles Mubita, het ‘n opdatering gegee oor die verskeie betalings wat aan veterane van die bevrydingstryd gemaak is. Hy het, onder andere, die uiteensetting gegee van die verbetering van die welsynstoelae, waaruit 9 685 veterane voordeel trek. Die voordele word net aan PLAN-soldate betaal en nie die lede van die […]
Iran onttrek van VN se kernwaghond - June 25, 2025
Die Israelse Weermag sê dis nog te vroeg om die skade aan kernterreine in Iran te bepaal nadat ‘n wapenstilstand die konflik van 12 dae beëindig het. Militêre woordvoerder Effie Defrin sê hy glo Iran se kernprogram is ‘n beduidende hou toegedien en sal etlike jare neem om te herstel. Iranse wetgewers het intussen gestem […]