Geplakte piesang teen die muur verkoop vir N$11 miljard
Die kunstenaar, Maurizio Cattelan se skepping met die titel Comedian, is by ʼn veiling in New York vir meer as 11 miljard Namibiese dollar verkoop. Dit bestaan uit een piesang wat teen ʼn muur vasgeplak is en foto’s daarvan het soos ʼn veldbrand versprei. Die Chinese versamelaar en stigter van ʼn kriptogeldeenheid-platform, Justin Sun, het […]
Vaardighede by plaaslike owerhede ontbreek, en dus ontwikkeling doelwitte
Die algemene jaarvergadering van die Namibiese Vereniging van Plaaslike Owerhede is tans in die hoofstad aan die gang. Die fokus van die vergadering is om aan die hoof te staan van die implementering van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte plaaslike owerhede in Namibië. Onder die deelnemers was die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, wat die redes gegee […]
Repokoers: ActionSA vra 50 basispunte af
ActionSA doen ‘n beroep op die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, om die rentekoers met 50 basispunte te verlaag tydens die Monetêre Beleidskomiteevergadering. Dit volg nadat die jongste inflasiedata ‘n daling tot 2.8 persent in Oktober getoon het, die vyfde agtereenvolgende daling. Die party waarsku die finansiële nood duur voort, en meer as […]
VSA veto vierde VN-skietstilstandplan vir Gaza
Amerika het die vierde keer ‘n mosie van die Verenigde Nasies Veiligheidsraad ge-veto wat ‘n onmiddellike en onvoorwaardelike skietstaking in Gaza eis. Amerika se adjunk-ambassadeur by die VN, Robert Wood, sê hulle kan nie ‘n onvoorwaardelike skietstaking steun sonder die onmiddellike vrylating van gyselaars nie:
John Prescott, oud-Britse adjunkpremier, sterf
John Prescott, die strydlustige adjunk-premier onder Brittanje se Tony Blair is in die ouderdom van 86 oorlede ná ‘n stryd met Alzheimer se siekte. Prescott, wat van 1997 tot 2007 onder Blair gedien het, was bekend as ‘n duidelike politikus wat die kloof tussen die tradisionele linksgesinde en die moderniseerders in die Arbeidersparty oorbrug het. Prescott, […]
BoN se mikrofinansiering riglyne prioritiseer vebruikersregte
Die Bank van Namibië het regulatoriese riglyne uitgereik vir beleggers wat belangstel om mikrofinansieringsbankinstellings of tweedevlakbanke te vestig, met die doel om finansiële insluiting en toegang tot bankdienste regoor die land te verbeter. Die riglyne maak verbruiker beskerming ‘n prioriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, van die sentrale bank se kommunikasiespan, gesels.
Te veel bedankings in SAPD
Die Parlement se portefeuljekomitee oor die Polisie is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se werwings- en behoudstrategie en die stadige pogings om infrastruktuurkwessies by polisiestasies te verbeter. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die SAPD se leierskap het die komitee ingelig waar hulle onthul het, dat meer as 5 300 polisiebeamptes jaarliks die diens […]
Indië se Adani van US$265m se bedrog aangekla
Die Indiese miljardêr Gautam Adani, en sewe ander, is deur Amerikaanse aanklaers aangekla vir sy beweerde rol in ‘n 265 miljoen Amerikaanse dollar se omkoperyskema. Lasbriewe is uitgereik vir Adani en sy broerskind Sagar Adani en aanklaers beplan om dié lasbriewe aan buitelandse wetstoepassers te oorhandig, toon hofrekords. Amerikaanse federale aanklaers sê die beskuldigdes het […]
Vier veranderinge aan Wallis vir Bok-kragmeting
Wallis se afrigter, Warren Gatland, het vier veranderinge aangebring aan sy beginspan wat Saterdag in Cardiff teen die wêreldkampioene van Suid-Afrika kragte meet. Sam Costelow begin op losskakel, Blair Murray skuif van vleuel na heelagter, vleuel Rio Dyer keer terug terwyl die slot, Christ Tshiunza, die beseerde Adam Beard vervang. Gatland, wie se span ʼn […]
Reise, konferensies, konsultasies en onderwys sukkel steeds
Die onderwysminister Anna Nghipondoka het die projekhandves-uitkoms van die 2022 Nasionale Konferensie oor Onderwys bekend gemaak. Die handves het ten doel om hulpbronne en toewyding van belanghebbendes te mobiliseer om Namibië se onderwysstelsel te transformeer. Die konferensie, wat in Augustus 2022 gehou is, is in lyn gebring met die VN se Transforming Education Summit in […]