
138 miljoen kinders wêreldwyd is werksaam - June 12, 2025
Byna 138 miljoen kinders was in 2024 betrokke by kinderarbeid, insluitend ongeveer 54 miljoen in gevaarlike werk wat waarskynlik hul gesondheid, veiligheid of ontwikkeling in gevaar stel. Dit is volgens die jongste data van Unicef en die Internasionale Arbeidsorganisasie.Vandag is Wêrelddag teen Kinderarbeid. Luidens die data is daar ‘n totale vermindering van meer as 22 miljoen […]
Facebook bly gewildste sosiale media platform - June 12, 2025
In sy oorsig van die eerste kwartaal van die jaar sê die kommunikasie-owerheid, Cran, dat 71 persent van MTC se totale dataverbruik, wat 29 miljoen gigabytes beloop, was op sosiale media platforms gebruik. Volgens Cran is dit verdere bewys van die dominansie van sosiale media vir nie net kommunikasie nie maar ook vermaak. Facebook loop […]
Politieke verskuiwings raak beleggings, ook plaaslik - June 12, 2025
Tydens ‘n strategiese beleggingsontbyt aangebied deur Old Mutual is gesprek gevoer oor hoe die globale politieke verskuiwings markte raak en dus ook plaaslike beleggings beïnvloed. Wikus Fourie, die hoof van Old Mutual Welvaart het meer oor wat onder die loep gekom het.
Koste van skade in Oos-Kaap moet nog beraam word - June 12, 2025
Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê die koste van infrastruktuurskade tydens die onlangse vloede moet nog bepaal word. Honderde inwoners, veral in in Butterworth en Ngoma, is dakloos gelaat en word in tydelike skuilings gehuisves. Kragonderbrekings duur in verskeie distrikte voort. Mabuyane sê gekoordineerde tegniese reddingspanne is besig met herstel- en ontruimingspogings in […]
Ruto veroordeel dood van blogger in polisie-aanhouding - June 12, 2025
Die Keniaanse president William Ruto veroordeel die dood van die 31-jarige Albert Ojwang terwyl hy in polisie-aanhouding was. Hy eis ‘n spoedige en deursigtige ondersoek. Ojwang, ‘n blogger wat aktief was op X en Facebook, is verlede naweek in hegtenis geneem vir die plasing van bewerings van korrupsie teen ‘n senior polisiebeampte. Aanvanklike polisieverslae het beweer […]
Kauta poog weer om Hengari se klagtes te laat vaar - June 12, 2025
Regslui vir oud-landbouminister Mac Hengari sal die hof vandag vra dat die klagtes teen hom van die hand gewys word. Hy is steeds in aanhouding na dat sy arrestasie op 26 April. Sy prokureur Patrick Kauta het vroeër gepoog dat die klagtes teen hom teruggetrek moet word omdat hy in ‘n lokval gevang is maar, […]
SA het 10 jaar om 7,4 werksgeleenthede te skep - June 12, 2025
Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe sektore en ‘n dubbelbaanstelsel om […]
Meer soldate in LA ontlpooi as wat in Irak dien - June 12, 2025
Daar is nou meer Amerikaanse troepe wat na Los Angeles ontplooi is as in Irak en Sirië saam, berig ABC News. Daar is 4 800 Nasionale Wag- en seesoldaat-personeel in die stad, vergeleke met die 2 500 troepe in Irak en 1 500 in Sirië. Los Angeles burgemeester Karen Bass het ook daarna tydens ‘n […]
VSA ontruim nienoodsaaklike personeel uit Midde-Ooste - June 12, 2025
Amerika het alle nienoodsaaklike diplomatieke personeel en hul gesinne beveel om ambassades in die Midde-Ooste te verlaat oor moontlike onrus in die streek. Die Departement van Buitelandse Sake het goedkeuring gegee dat ambassade-personeel in Irak, Bahrein en Koeweit onttrek word. Dit volg terwyl spanning tussen Iran en Israel onlangs toegeneem het terwyl die Trump-administrasie voortgaan […]
Ministerie sê oor oor-toerismeplan - June 12, 2025
Die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Sikongo Haihambo het by die regering se inligtingsessie gesels oor kommer rakende oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is. ‘n Plan word nou saamgestel wat ook infrastruktuur tekortkominge uitlig sowel as ander belangrike kwessies soos internet verbinding, […]