Facebook bly gewildste sosiale media platformJune 12, 2025

In sy oorsig van die eerste kwartaal van die jaar sê die kommunikasie-owerheid, Cran, dat 71 persent van MTC se totale dataverbruik, wat 29 miljoen gigabytes beloop, was op sosiale media platforms gebruik. Volgens Cran is dit verdere bewys van die dominansie van sosiale media vir nie net kommunikasie nie maar ook vermaak. Facebook loop voor, maar ook net-net teen WhatsApp en TikTok is derde geplaas. Volgens Cran is dit ‘n belangrike aanwyser van verbruikers se voorkeur vir multimedia platforms.