Kauta poog weer om Hengari se klagtes te laat vaarJune 12, 2025
Regslui vir oud-landbouminister Mac Hengari sal die hof vandag vra dat die klagtes teen hom van die hand gewys word. Hy is steeds in aanhouding na dat sy arrestasie op 26 April. Sy prokureur Patrick Kauta het vroeër gepoog dat die klagtes teen hom teruggetrek moet word omdat hy in ‘n lokval gevang is maar, dit is van die hand gewys. Hy is in hegtenis geneem op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek. Landdros Monica Andjaba hoor die saak aan.