Inkomste styg effe, maar begrotingstekort duur voort

Aan die einde van die vorige boekjaar op 31 Maart vanjaar was fiskale aanwysers in lyn met geprojekteerde teikens, wat fiskale volhoubaarheid ondersteun, volgens finansminister Ipumbu Shiimi se middeltermyn begrotingsverslag. Totale ingesamelde inkomste was 81,5 miljard Namibiese dollar, wat die hersiene skatting van 81,1 miljard dollar effens oorskry het weens hoër as verwagte inkomstebelasting en […]

Read More

Enoch het nie werkloosheid in ag geneem nie – EFF

Die EFF het die mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring verwerp en sê die regering gee voorkeur aan die privaat sektor bo werkskepping en ekonomiese groei. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die begroting aan die Parlement voorgelê en sê die Tesourie is vasbeslote om ʼn verstandige, gedissiplineerde benadering te volg om volhoubare staatsfinansies te verseker. EFF-leier Julius Malema […]

Read More

TB-gevalle neem internasionaal toe, Indië loop meeste deur

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n rekord 8,2-miljoen nuwe gevalle van tuberkulose is verlede jaar wêreldwyd gediagnoseer, die hoogste syfer sedert daar in 1995 wêreldwyd met die monitor van TB begin is. Die aantal TB-verwante sterftes het van 1,32-miljoen in 2022 tot 1,25-miljoen verlede jaar gedaal. Nie alle nuwe gevalle word egter gediagnoseer nie, en die WGO […]

Read More

Drank verbied by Franse rugbyspan byeenkomste

Die Franse beheerliggaam het spelers verbied om sterk drank te drink tydens spanbyeenkomste as deel van pogings om dissipline te verbeter. Dit volg op ‘n reeks voorvalle van die veld af, insluitend die heelagter Melvyn Jaminet wat vir 34-weke geskors is oor ‘n rassistiese plasing op sosiale media, en twee spelers wat in Argentinië in […]

Read More

GIPF het toep bekend gestel

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het onlangs ‘n biometriese verifikasie mobiele toepassing en handtoestelle in Okandjira, Ovitoto bekendgestel om die verifikasieproses vir pensioenarisse en begunstigdes te vereenvoudig. Hierdie instrumente stel lede in staat om bewys van lewe te verifieer sonder om ver te reis. Die toepassing, wat nou op Android beskikbaar is en binnekort ook op iOS, […]

Read More

Dodelike M-pokke-stam in Brittanje bevestig

Brittanje het sy eerste geval van ʼn nuwe, gevaarliker M-pokke-stam aangemeld wat met uitbrekings in Afrika verbind word. Die Britse Gesondheid-sekerheidsagentskap sê die persoon het positief getoets vir Clade Ib nadat hy ‘n Afrikaland besoek het. Hy het 24 uur nadat hy teruggekeer het, begin siek voel. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het M-pokke in Augustus as wêreldwye […]

Read More

EU is gereed om Spanje te help

Die Spaanse regering het van vandag af drie dae van rou afgekondig, ná kitsoorstromings wat die lewens van minstens 95 mense in die suidooste van die land geëis het. Verskeie mense word ook regoor die land vermis. Daar was oorstromings in stede soos Valencia, Murcia en Malaga. Die regering het ‘n krisiskomitee saamgestel om reddingspogings […]

Read More

Uefa gaan N$19 miljard in vrouesokker belê

Die Europese beheerliggaam, Uefa, het meer as 19-miljard Namibiese dollar beloof om die vrouespel die volgende ses jaar op die vasteland te ontwikkel. Die geld kom van kompetisie-inkomste en beleggings. Uefa sê dit sal gaan aan klubs, nasionale spanne, senior en jeug-kompetisies met die doel om teen 2030, 5 000 beroepspelers en ses beroepsligas te […]

Read More

Saoedi’s bring derde aansoek teen Boulter 

’n Saoedi-Arabiese maatskappy en vyf Saoedi-beleggers het die derde aansoek in die Windhoek-hoërhof gebring teen die Britse sakeman en plaaseienaar Harvey Boulter. Die maatskappy Tebrak Trading and Contracting vra regter Eileen Rakow om ‘n bevel wat hulle in Dubai se hof gekry het, plaaslik af te dwing. Daardie bevel handel oor net meer as 2,4 […]

Read More

Meisie, 8,herhaaldelik verkrag… ma werk nagskof 

Volgens ‘n polisieverslag het ‘n 12-jarige seun na bewering herhaaldelik ‘n agt-jarige meisie verkrag in Omafo in die Ohangwena-streek. Die slagoffer se ma, wat nagskof werk, het haar gereeld na die seun se huis geneem om oor te slaap terwyl sy werk. Die meisie se ouma het dat sy die seun se kamer deel weens […]

Read More