Groenwaterstofsektor ‘kort deursigtigheid om korrupsie te keer’
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, se jongste blog beklemtoon korrupsierisiko’s in die groenwaterstofsektor, en let op die afwesigheid van deursigtigheidbesprekings by die onlangse Groenwaterstofberaad. Ten spyte van vorige skandale soos die Fishrot- en SME Bank-sake, is daar ‘n gebrek aan deursigtigheid in projekdokumente, finansiering en grondtoekenning, sowel as kommer oor onvoldoende gemeenskapskonsultasie en begunstiging. […]
Namcor is en bly apolities, sê woorvoerder
Daar is vrae oor die politieke neutraliteit en etiek van staatsondernemings soos Namcor en die Groenwaterstof-program. Dit kom na Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, en die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe die naweek by ‘n Swapo-saamtrek gepraat het. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, sê hulle erken openbare kommer hieroor, maar verseker Namibiërs dat hulle […]
DA lê teen-korrupsiewetsontwerp ter tafel
Die DA sê hy het die Wetsontwerp op die Een-en-Twintigste Wysiging van die Grondwet, ook bekend as die teen-korrupsiewetsontwerp, in die parlement ter tafel gelê. Glynnis Breytenbach van die DA sê soos beloof in die party se 2024-verkiesingsmanifes, wil die wetsontwerp ‘n teen-korrupsiekommisie instel as ‘n onafhanklike Artikel 9-instelling, net gefokus op die ondersoek en […]
La Dolce Vita Orient Express trein begin in 2025 loop
Die langverwagte La Dolce Vita Orient Express-trein word in 2025 in Italië bekend gestel. Die trein kry sy inspirasie van die glansryke lewenstyl van die 1960s’ en ’70s en het nege passasierswaens. Die sjef met drie Michelin-sterre, Heinz Beck, sal eet-ervarings uit die boonste rakke bedien, wat geïnspireer is deur die 14 Italiaanse streke van […]
Koli, Sharma moet verduidelik oor tuisnederlaag
Krieket: Virat Kohli en Rohit Sharma kom vandag onder skoot terwyl Indië herkou aan sy tuisnederlaag met 3-0 teen Nieu-Seeland. Kritici sê die span is te oud, met min selfvertroue. Die eens magtige krieketland het gister die derde toets in Moembaai met 25 lopies verloor in slegs hulle tweede skoonskip-tuisnederlaag. Dit het Nieu-Seeland se geskiedkundige […]
Groot aanvraag regverdig nog groenwaterstof-aanlegte
Die Namibië Groenwaterstof-program se span is besig met voor-uitvoerbaarheidstudies om nog ‘n groenwaterstof- en -ammoniak produksie-aanleg in die Suide te bou. Navorsing en ontledings word nog gedoen om ‘n geskikte terrein vir die aanleg te bepaal. Die program se webwerf lys tans vyf projekte. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die plaaslike energie-kenner Harald […]
Rand, en Namibiese dollar, styg voor VSA verkiesing
Die rand het vandag teenoor die dollar verstewig tot ʼn hoogtepunt van 17-rand-50-sent, terwyl die Amerikaanse geldeenheid verswak het. Opbrengste van die Amerikaanse Tesourie het met vyf-basispunte verswak. Beleggers berei hulle voor vir dié week se Amerikaanse verkiesing en ʼn waarskynlike rentekoersverlaging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad, wat albei wêreldmarkte kan beïnvloed. Meningspeilings toon sterk […]
Israel sê top-Hezbollah vuurpyl-bevelvoerder dood
Die Israeliese weermag sê hulle het ‘n top-Hezbollah-bevelvoerder doodgemaak wat volgens hulle in bevel was van vuurpyl- en tenkmissiel-aanvalle teen Israelse magte in die suide van Libanon. Die weermag sê Abu Ali Rida, die Hezbollah-bevelvoerder van die Baraachit-gebied in Suid-Libanon, is in ‘n lugaanval dood, sonder om uit te wei oor wanneer hy dood is. […]
MotoGP-titel sal in laaste resies beslis word
Motorsport: Die verdedigende wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, kan steeds sy MotoGP-titel behou nadat hy die Maleisiese Grand Prix gewen het. Die Italianer het drie sekondes voor sy kampioenskapsmededinger, Jorge Martin, geëindig, met Enea Bastianini derde. Brad Binder van Suid-Afrika was in ‘n ongeluk betrokke en kon nie klaarmaak nie. Die kampioenskap sal later die maand in […]
Opul stel weer uitsetverhogings uit, olie klim
Oliepryse het vanoggend begin styg met Brent wat met amper 3 persent toegeneem het, in reaksie op Opul se aankondiging dat hy sy planne om uitset te verhoog met ‘n maand uitstel. Brent verhandel tans net onder 75 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul stel die beplande verhoging van sy uitset sedert Oktober uit en nou […]