Behuisingsonderneming pak behuisingsagterstand aan

Tydens ‘n media-betrokkenheid verlede week in Ondangwa het die Nasionale Behuisingsonderneming se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Mutonga Matali, die organisasie se pogings aangekondig om die behuisingsagterstand aan te pak. Die agterstand was aan die einde van 2023 op 300 000 eenhede geskat. Matali het beklemtoon dat die onderneming sy beleidsinfrastruktuur versterk het om prosesse te […]

Read More

Los misinformasie, fokus op verkiesing: PDM

Die misinformasie rondom die verkiesing vermeerder soos 27 November nader kom. Namibia Fact Check het rapporteer dat sosiale media oorstroom sal word met propaganda. Hulle woorde is nie koud nie en die Windhoek Times plaas op sosiale media dat Job Amupanda van sy vrou wil skei omdat sy ‘n Swapo ondersteuner is. X is tans […]

Read More

‘Brat’ is Collins Dictionary se woord van die jaar

Collins Dictionary het die woord, “brat”, aangewys as sy woord van die jaar vir 2024. Die woord verwys na iemand wat ʼn selfversekerde, onafhanklike en genotsugtige houding het. Die Britse woordeboekuitgewer, sê die Britse sanger Charli XCX het “brat” gewild gemaak. Ander woorde op die kortlys sluit in “delulu”, wat beteken iemand se idees of […]

Read More

Die jeug gaan hierdie keer stem: AR

Die verkiesing vind in minder as ‘n maand plaas. Na Botswana se verskiesingsuitslag, waarin jeug-stemme ‘n groot rol gespeel het, verwag plaaslike opposisie partye hulle sal dieselfde sukses behaal. Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië het meer as 900 000 jeugdiges as kiesers geregistreer uit die sowat 1 449 000 totale registrasies, maar histories stem hulle […]

Read More

Meer dorpe as Swakop behoort karwagte te registreer

Die Swakopmund Munisipaliteit het aangekondig dat hy amptelik 46 karwagte geregistreer het, wat ook uniforms ontvang het. Die geregistreerde motorwagte dra blou en het ID-kaarte, terwyl motorwagte wat ander kleure dra nie deur die munisipaliteit goedgekeur is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê […]

Read More

Kommer oor SA damp- en rookwette

Sake- en arbeidsvennote by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, is bekommerd omdat nuwe damp- en rookwette sonder behoorlike raadpleging sal voortgaan. Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle is daarop gemik om tabak- en damprookprodukte te reguleer, en om oortreders swaar te straf. Die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid beplan egter […]

Read More

Beserings tref All Blacks voor Ierland-toets

Rugby: Die All Blacks het twee van hulle staatmakers verloor voor Vrydag se toets teen Ierland in Dublin. Die losskakel Beauden Barrett en die haker Codie Taylor het albei harsingskudding opgedoen in Saterdag se naelskraapse oorwinning van 24-22 oor Engeland op Twickenham. Hoofafrigter Scott Robertson het hulle vervang met Harry Plummer en Brodie McAlister, wat […]

Read More

Weglating van sensus-indiensnemingsdata ‘lyk na polities gemotiveerd’

Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, veroordeel die Namibië Statistieke Agentskap ten sterkste vir die weerhouding van kritieke indiensnemingsdata van die 2023-sensus, en beskou dit as ‘n skending van deursigtigheid en ‘n poging om die nadelige uitwerking van regeringsbeleid op ekonomiese groei en indiensneming te verdoesel. Epra het sedert 2016 voortdurend kommer geopper dat sekere […]

Read More

Finale hervestigingskriteria onder die loep

Landbouminister Calle Schlettwein het die nasionale valideringswerkwinkel om die finale konsep van die hervestigingskriteria te hersien in die hoofstad geopen. Hy sê die hervestigingsbeleid het tekortkominge gehad en dit word nou aangespreek. Generasionele plaaswerkers wat hul werk verloor het en mense wat in korridors woon, sal deur programme gehelp word. Nog ‘n prioriteit is dat […]

Read More

IPC vaar teen Swapo uit oor Namcor, Mnyupe

Die IPC sê hy veroordeel Swapo onomwonde vir sy flagrante misbruik van openbare bates by die saamtrek waar Namcor en groenwaterstof-kommisaris James Mnyupe vir partypropaganda uitgebuit is. Die party sê die gebruik van openbare hulpbronne om partybelange te bevorder is nie net oneties nie, dit ondermyn ook bestuurbeginsels. Die IPC beskuldig Swapo ook van manipulasie […]

Read More