‘Wêreld se bekendste swembroek’ word uitgestal - December 11, 2024

Pamela Anderson se bekende rooi swembroek in Baywatch gaan in Londen uitgestal word. Sy was lewensredder CJ Parker in die gewilde TV-reeks van die 1990’s. Die eenstuk is waarskynlik die wêreld se bekendste swembroek, met nagemaakte weergawes met die Baywatch-logo algemeen aanlyn beskikbaar. Dit sal te sien wees op Design Museum se uitstalling, Splash! A […]

Read More

NSFAF-aansoeke open vroeg in 2025 - December 11, 2024

Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds het bevestig dat aansoeke om befondsing aan die begin van 2025 sal oopmaak. Potensiële aansoekers moet verseker dat hulle al die vereiste dokumente voor die tyd gereed het. Om ingelig en op hoogte te bly van enige verwikkelinge, moet belangstellende studente gereeld die NSFAF-webwerf nagaan vir die jongste inligting. Kosmos […]

Read More

Gesmokkel in tronke bereik krisisvlakke - December 11, 2024

Die DA sê die omvang van smokkelhandel in Suid-Afrikaanse tronke wys dat dié plaag krisisvlakke bereik het. Die afgelope 12 maande het beamptes by korrektiewe sentrums beslag gelê op byna 1 000 kilogram dwelms. Hulle het ook beslag gelê op meer as 41 000 selfone, 11 000 wapens, meer as 250 liter alkohol en 200 […]

Read More

Rusland vertel van Assad se ontsnapping - December 11, 2024

Rusland se adjunkminister van Buitelandse Sake het bevestig die voormalige Siriese leier, Basjar al-Assad, is in die land. Sergei Ryabkov het aan NBC News gesê hy is op die veiligste manier moontlik daarheen gebring. Hy het op ‘n vraag of Rusland Assad sal oorhandig vir verhoor, gesê hulle was nie betrokke by die konvensie wat […]

Read More

Beroemde gholfspelers en familielede by PNC-kampioenskap - December 11, 2024

Gholf: Die voormalige wêreld nommer-een, Tiger Woods, en ander beroemde spelers neem volgende week in Orlando, Florida, deel aan die jaarlikse gesinspan-vertoontoernooi, die PNC-kampioenskap. Die Amerikaner en sy seun, Charlie, speel saam met mense soos die Duitse legende Bernhard Langer en sy seun, Jason, Vijay Singh van Fidji en sy seun, Qass, die Amerikaner Nellie […]

Read More

Frans Indongo-groep kry aandeel in Bachmus - December 11, 2024

Die Frans Indongo-groep het ‘n belang in Bachmus Oil and Fuel Supplies verkry, wat Namibiese eienaarskap in die maatskappy vergroot. The Brief berig dat die aandeleverkryging deur die oroep gee aan Bachmus Oil and Fuel Supplies, wat onlangs ‘n langtermyn-handelsmerklisensie ooreenkoms met Chevron Brands International, ‘n filiaal van Chevron Corporation, onderteken het om Caltex-brandstofkleinhandelafsetpunte in […]

Read More

Groei in SA se mynbedryf sal louwarm bly - December 11, 2024

Die FNB-ekonoom Thanda Sithole sê groei in die mynbedryf sal na verwagting voorlopig middelmatig bly weens kleiner aanvraag van buite. Mynproduksie het in Oktober op ʼn jaarbasis met 1,4-persent gegroei ná ʼn opwaartse aanpassing van 4,9-persent in September. Dit is die derde agtereenvolgende maand van groei in mynbedrywighede. Sithole sê die middelmatige toename in mynproduksie […]

Read More

Familie van VSA-joernalis Tice, soek hulp om hom in Sirië op te spoor - December 11, 2024

Die bevryding van Sirië was nie net ‘n groot oomblik vir Siriërs self nie maar ook die familie van die Amerikaanse joernalis Austin Tice wat ongeveer 12 jaar gelede deur owerhede in daardie land gearresteer is. Die familie doen ‘n beroep op Amerikaanse owerhede om te help om hom op te spoor en te repatrieer. […]

Read More

Suid-Koreaanse polisie voer klopjag op Yoon se kantoor uit - December 11, 2024

Die polisie in Suid-Korea het ‘n klopjag uitgevoer op die presidensiële kantoor as deel van ‘n wyer ondersoek na president Yoon Suk Yeol se kortstondige afkondiging van krygswet verlede week. Die klopjag was ‘n poging deur wetstoepassingsagentskappe om vas te stel of Yoon se optrede, gesteun deur ander senior mense in sy administrasie, neergekom op […]

Read More

Uiters slegte tyd maar slangbytteengif-tekorte kom hier ook voor - December 11, 2024

Dis ‘n uiters slegte tyd maar, Suid-Afrika beleef tans ‘n tekort aan slangbytteengif weens opgradering van die Suid-Afrikaanse Entstofvervaardigers se laboratoriumfasiliteite. Dit het vertragings in produksie veroorsaak en voorrade het leeggeloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek, wat sê Namibië kry meeste slangbytteengif van die buurland, maar kan […]

Read More