Namdia aanvaar aansoeke vir nuwe kliënte

Namdia het aangekondig dat aansoeke nou oop is vir hul volgende kliëntelys, wat vir tot drie jaar geldig sal wees. Die kliëntregistrasieveldtog sal tot 31 Januarie volgende jaar plaasvind. Die vorige kliëntelys het uit slegs 36 kliënte bestaan, meestal van België, en net twee Namibiese maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Alisa Amupolo, […]

Read More

Cyril en William kuier vandag

President Cyril Ramaphosa sal vandag by sy ampswoning in Kaapstad ʼn hoflikheidsbesoek van die Prins van Wallis ontvang. Prins William is in Suid-Afrika om môre as gasheer op te tree by die vierde jaarlikse Earthshot-prysuitdeling. Die Earthshot-prys plaas die kollig op die uitwerking van klimaatsverandering, omgewingskade en besoedeling, asook die kreatiewe oplossings waarmee mense en […]

Read More

Pro-EU Moldawiese president wen weer

Moldawië se pro-Westerse president, Maia Sandu, het ‘n tweede ampstermyn gewen deur die politieke nuweling Alexandr Stoianoglo te verslaan, wat deur die pro-Russiese Party van Sosialiste gesteun is. Voorlopige uitslae wat deur die Verkiesingskommissie vrygestel is, toon Sandu het 55-persent van die stemme gewen teenoor Stoianoglo se 45-persent. Die verkiesing is ontsier deur bewerings van […]

Read More

Beserings teister Man City

Die bestuurder van Manchester City, Pep Guardiola, glo dit gaan moeilik wees om hierdie seisoen hul Premierliga-titel te verdedig weens een na die ander besering wat sy spelers opdoen. City speel vanaand in Portugal teen Sporting Lisbon nadat hulle Saterdag in die Ligabeker-uitklopreeks teen Bournemouth verloor het en die vorige week teen Tottenham Hotspur. Guardiola […]

Read More

BELA bedreig Afrikaans, AfriForum hou aksieberaad

AfriForum gaan vandag ‘n BELA-aksieberaad in Pretoria aanbied waar talle Afrikaanse organisasies beplan om te betoog teen die Wet se taalbeleid. Woordvoerder Alana Bailey kritiseer die wet as ‘n bedreiging vir Afrikaanse kultuurgemeenskappe. Sy sê die betoging is gemik teen ‘n beweerde bedreiging vir die bestaan van Afrikaanse skole en kultuur:

Read More

Winfrey sê kiesers stem vir beheer oor hul liggame

Demokraat Kamala Harris het haar veldtog vir die Amerikaanse presidensie in Philadelphia ook in Pennsilvanië soos Donald Trump, afgesluit. Amerikaners stem vandag. Oprah Winfrey het net voor Harris gepraat en die skare aangemoedig om hulle stemme uit te bring.

Read More

Liam Berry neem oor as Aussie-sewesafrigter

Die voormalige All Blacks-flank. Liam Berry, hoop om as nuwe hoofafrigter van die Australiese Sewesspan te verbeter op die span se vierde plek by die Olimpiese Spele in Parys. Hy volg John Manenti op wat in Augustus bedank het. Die drie-en-vyftigjarige Berry se pa, Kevin, en oupa, Edward, het ook toetsrugby vir Nieu-Seeland gespeel. Hy […]

Read More

SA-skole moet ongedokumenteerde kinders kos gee

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, het skole veroordeel wat weier om kos aan ongedokumenteerde leerders in Mpumalanga te gee, en noem dit ‘n skending van fundamentele menseregte. Makaneta het beklemtoon alle kinders verdien toegang tot voeding en ondersteuning, ongeag immigrasiestatus. Makaneta sê die uitsluiting weerspreek Suid-Afrika se grondwetlike verbintenis tot kinderregte. Hy het owerhede versoek om […]

Read More

Trump sê God het hom gered sodat hy VSA kan red

Oudpresident Donald Trump het beloof om vrede in die wêreld te herstel en die Amerikaanse droom te red. Hy het sy laaste saamtrekke voor vandag se verkiesing in Noord-Carolina, Pennsilvanië wat as die belangrikste swaaistaat beskou word, en Michigan gehou. Trump het by afsluiting in Pittsburgh, Pennsilvanië, gesê God het hom tydens die sluipmoordpoging in […]

Read More

Aussie-Rules skeidsregter trek aan soos Bin Laden, word geskors

‘n Aussie Rules-skeidsregter is geskors omdat hy as Osama bin Laden aangetrek het tydens ‘n einde van die seisoen funksie. Leigh Haussen sal nie toegelaat word om die eerste ronde van die 2025-seisoen te behartig nie, nadat hy by ‘n geleentheid in ‘n restaurant aangetrek was as die baasbrein van die terreuraanvalle op 11 September. […]

Read More