NotInMyName-leier kry toekenning

Die leier van #NotInMyName, Siyabulela Jentile, het ‘n erkennings-toekenning ontvang van die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, , by die derde Nasionale Mansparlement in Limpopo. Hy is vereer saam met nóg mans wat hulle beywer vir verandering in Suid-Afrika. Jentile sê die erkenning is ‘n bewys van die #NotInMyName-beweging se strewe na ‘n regverdige […]

Read More

Nuwe proewe kom vir Alzheimer-entstof

Deurbraak Alzheimer-behandelings wat toksiese proteïene uit die brein verwyder, het belangstelling in entstowwe laat herleef om die geheue-roof siekte te behandel. Dit sal moontlik ‘n goedkoper opsie wat maklik is om toe te dien vir miljoene mense bied, volgens onderhoude met 10 wetenskaplikes en maatskappybestuurders. Kliniese proewe is aan die gang of voltooi vir ten […]

Read More

Aussie helde sou nie eens in Wêreldbeker speel

Krieket: Daar is glad nie verwag Australië se twee helde in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië sou in die toernooi speel nie. Travis Head en Marnus Labuschagne se vennootskap van 192 lopies het die oorwinning verseël en bygedra dat Australië die gasheer, Indië, met ses paaltjies troef en die trofee vir ʼn rekord sesde keer inpalm. […]

Read More

Palestina-situasie verg lasbriewe: SA kabinet

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Internasionale Strafhof se kantoor gaan voort om sy voete te sleep ondanks die erns van die situasie in Palestina sedert 2021. Ntshavheni het ‘n nuuskonferensie gehou oor die uitkomste van Donderdag se kabinetsvergadering. Sy sê noudat ander staatspartye ook hul stemme bygevoeg het vir ‘n einde […]

Read More

Unam se Katima-kampus help dalk met siektes

Die Universiteit van Namibië is besig om ‘n toelaag van 10 miljoen euro, of meer as 200 miljoen Namibiese dollar, wat hy by die Duitse regering gekry het, te gebruik om ‘n nuwe departement van Wildbestuur en Ekotoerisme by sy Katima Mulilo kampus te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die burgemeester van die […]

Read More

WVF weet nog nie van korrupsie-ondersoek

Die Werkloosheidsversekeringsfonds sê hy het kennis geneem van berigte wat gister in ‘n Sondag-koerant gepubliseer is. Dit verwys na ‘n ondersoek deur die Valke en die Spesiale Ondersoek-eenheid na bewerings van korrupsie wat verband hou met sy Arbeids-aktiveringsprogram. Die WVF se woordvoerder, Trevor Hattingh, sê die fonds het nog nie amptelike korrespondensie van die wetstoepassingsagentskappe […]

Read More

Duisende haweloos na swaar reën in Kenia

Minstens 80 000 mense is regoor Kenia ontwortel ná die swaar reënval wat oorstromings en grondverskuiwings veroorsaak het. Kenia se adjunkpresident, Rigathi Gachagua, sê nooddienste is ontplooi om hulp te bied en gesinne wat gestrand is te red. Verder is daar ‘n multi-agentskap-span onder leiding van die Keniaanse-kuswag wat poog om liggame terug te vind. […]

Read More

Keshav Maharaj boaan eendag-bouler ranglys

Krieket: Die Protea-draaibouler Keshav Maharaj is boaan die ranglys vir eendag-internasionale boulers. Hy word gevolg deur Wanindu Hasaranga van Sri Lanka en Adil Rashid van Engeland. Indië is die voorste eendagspan al het hy gister teen Australië verloor in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi. Australië is tweede en Suid-Afrika derde. Shubman Gill van Indië is […]

Read More

PDM-leier sê ivoor moet verwerk en verkoop word

McHenry Venaani sê Namibië moet sy voorraad van ivoor, wat in 2019 meer as ‘n miljard Namibiese dollar werd was, vat en waarde toevoeg. In sy mening kan die land werk skep op die manier en die inkomste hiervan kan gebruik word vir ontwikkeling in die land. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Met […]

Read More

Gaza-kwessies moenie Suid-Afrikaners verdeel nie

President Cyril Ramaphosa sê die Israel-Palestina-kwessie is emosiebelaai, veral gegewe die land se geskiedenis, maar dit moenie verdeeldheid vererger nie. Die polisie moes verlede week by ʼn betoging in Kaapstad ingryp toe pro-Israel- en pro-Palestina-ondersteuners slaags geraak het. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief daar is in Suid-Afrika geen plek vir geweld of dreigemente van […]

Read More