Kameroen se Maigari aanvaar benoeming, Biya is tjoepstil - July 2, 2025

Kameroen se minister van Toerisme, Bello Maigari, het sy party se presidentsbenoeming aanvaar vir die verkiesing wat in Oktober verwag word. President Paul Biya is tjoepstil oor sy herverkiesingsplanne. Die 78-jarige Maigari is ‘n jarelange bondgenoot van Biya en die tweede minister van die noorde wat sy kandidaatskap aankondig, wat dui op krake in Biya […]

Read More

Farrell verwag taai stryd teen Reds - July 2, 2025

Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, verwag vandag ‘n baie taaier wedstryd teen die Reds in Brisbane nadat hulle Western Force met 54-7 in Saterdag se eerste toerwedstryd in Perth afgeransel het. Farrell sê hulle moet aanpasbaar wees met nege wedstryde binne vyf weke, insluitend drie toetse teen die Wallabies. Die Reds […]

Read More

GRN, waar’s jou wetsontwerpe? - July 2, 2025

Die AR-leier Job Amupanda wou in die Nasionale Vergadering weet waarom daar die afgelope ses maande geen wetsontwerpe deur die uitvoerende gesag ter tafel gelê is nie. Hy sê dis al tradisie dat wetsontwerpe sonder behoorlike bespreking op parlementslede afgedwing word, en vra wat die rede is vir die vertraging.

Read More

ANC sal in GNU voortgaan om nasionale begrotings te ondersteun - July 2, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid sal voortgaan om alle nasionale begrotings te ondersteun. Gedurende ‘n toespraak in die Vrystaat het hy die DA se dreigemente afgemaak en gesê begrotings dien die mense en nie individuele ministers nie. Mashatile het beklemtoon die ANC sal vir elke begroting stem om dienslewering te verseker […]

Read More

Zambië bekom 26% van Lobito-raffinadery - July 2, 2025

Zambië het amptelik ‘n 26 persent belang in Angola se Lobito-olieraffinaderyprojek, Angola se grootste olieraffinadery, verkry. Die Lobito-raffinadery, het ‘n beplande kapasiteit van 200 000 vate per dag. Sodra dit teen 2026 voltooi is, sal die multimiljard-dollar-fasiliteit ru-olie raffineer vir beide internasionale en binnelandse uitvoer, insluitend uitvoer na Zambië en die Demokratiese Republiek van die […]

Read More

Vier mediawerkers vas in Turkye oor spotprent - July 2, 2025

Vier werknemers van ‘n satiriese tydskrif in Turkye is in hegtenis geneem vir die publikasie van ‘n spotprent wat moontlik die profeet Mohammed uitbeeld. Die uitbeelding van die heilige godsdiensfiguur is verbode in Islam. Die minister van Binnelandse Sake, Ali Yerlikaya, veroordeel LeMan se spotprent as skaamteloos, en het aangekondig dat die hoofredakteur, grafiese ontwerper, […]

Read More

BoN sê besigheidsregistrasies toon vertroue in sakesektor - July 2, 2025

‘n Totaal van 3 192 nuwe besighede is in Namibië geregistreer gedurende die eerste vier maande van 2025. The Brief sê volgens die Bank van Namibië verteenwoordig dit ‘n toename van 27 persent in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024, wat dui op sterker sakevertroue en verbeterde vooruitsigte vir ekonomiese aktiwiteit. Op ‘n kwartaallikse grondvlak […]

Read More

AfriForum haaks oor Tshwane se skoonmaakheffing - July 2, 2025

AfriForum sê die Stad Tshwane beledig belastingbetalers deur hulle in hofstukke as vrybuiters te bestempel as deel van ’n regsgeding oor die stad se nuwe skoonmaakheffing. AfriForum betwis die maandelikse heffing van 194 Suid-Afrikaanse rand en beskryf dit as ‘n onregverdige dubbele belasting. Die saak gaan op 24 Julie in die hof in Pretoria aangehoor […]

Read More

Trump skerts oor Alligator Alcatraz - July 2, 2025

President Donald Trump het Dinsdag die omstrede nuwe aanhoudingsentrum in Florida genaamd “Alligator Alcatraz” besoek, waar sowat 5 000 migrante aangehou sal word. Sommige staatswetgewers, die burgemeester, inheemse groepe en bewaringsorganisasies is gekant teen die konstruksie daarvan en sê dat dit ‘n belangrike ekosisteem kan benadeel. Alligators en luislange in die omliggende vleilande sal na […]

Read More

F1: Cadillac verwag nie wonderwerke nie - July 2, 2025

Cadillac verwag nie wonderwerke wanneer hy volgende seisoen tot Formule Een toetree nie. Spanhoof Graeme Lowdon sê hulle het eindelose ambisie en genoeg geld, maar sal nie verbaas wees as hulle laaste op die punteleer eindig nie. Die span het in Maart goedkeuring van die beheerliggaam ontvang om die 11de span te word en doen […]

Read More