AfriForum haaks oor Tshwane se skoonmaakheffingJuly 2, 2025
AfriForum sê die Stad Tshwane beledig belastingbetalers deur hulle in hofstukke as vrybuiters te bestempel as deel van ’n regsgeding oor die stad se nuwe skoonmaakheffing. AfriForum betwis die maandelikse heffing van 194 Suid-Afrikaanse rand en beskryf dit as ‘n onregverdige dubbele belasting. Die saak gaan op 24 Julie in die hof in Pretoria aangehoor word. Arno Roodt van AfriForum beskuldig die stad daarvan dat hy die heffing gebruik om sy eie finansiële wanbestuur weg te steek: