GRN, waar’s jou wetsontwerpe?July 2, 2025
Die AR-leier Job Amupanda wou in die Nasionale Vergadering weet waarom daar die afgelope ses maande geen wetsontwerpe deur die uitvoerende gesag ter tafel gelê is nie. Hy sê dis al tradisie dat wetsontwerpe sonder behoorlike bespreking op parlementslede afgedwing word, en vra wat die rede is vir die vertraging.