Man City verloor 4-1 teen Sporting

Die voormalige kampioen, Manchester City, het in die Kampioeneliga ʼn 4-1-nederlaag teen Sporting gelei. Sporting se Skandinawiese superster, Viktor Gyokeres, het ʼn driekuns behaal en die Portugese kampioene is nou tweede op die Kampioeneliga-punteleer. Dit is City se ergste nederlaag sedert September 2020. Liverpool het Bayer Leverkusen met 4-0 verpletter terwyl AC Milan met 3-1 […]

Read More

Winde gesels met Kosmos 94.1 oor prins William se besoek

Prins William het die Earthshot-prys deur sy Royal Foundation in 2020 begin om nuwe idees aan te moedig om omgewingsprobleme op te los, met die fokus op jong entrepreneurs en innoveerders. Dit is in 2021 bekendgestel en die eerste drie toekenningseremonies is in Brittanje, die Verenigde State en Singapoer gehou. Vanjaar word die seremonie in […]

Read More

Swapo is nie immuun teen veranderings in Suider-Afrika nie – Khama

Die oud-president van Botswana Ian Khama het met The Namibian se Desert Radio gepraat oor sy land se afgelope verkiesing en die komende plaaslike stemmery. In sy mening loop Swapo die risiko om die verkiesing te verloor indien landsburgers ontevrede is. Volgens hom is daar veranderings in Suider-Afrika met bevrydgingsbewegings wat momentum verloor. Geen party […]

Read More

Plaaslike huispryse sal styg, daar’s ‘n tekort

Teen die eerste kwartaal van die jaar het gevorderde ekonomieë se reële huisprysindeks, aangepas vir inflasie, tot sowat 132 indekspunte gedaal, vanaf ‘n hoogtepunt van sowat 140 indekspunte vroeg in 2022. Die neiging van toenames wat die huismark vir sowat tien jaar gedefinieer het, het nou omgekeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zalia Dunn, […]

Read More

Uitvoere van tafeldruiwe vertoon uiters goed

Die Namibia Grape Company, deur middel van ‘n vennootskap met Capespan, sê die land se tafeldruifuitvoere het toegeneem tot 2,4 miljoen kartonne in 2024, vanaf die 1,4 miljoen wat in 2007 aangeteken is. Volgens Capespan se besturende direkteur, Charl Du Bois, het die maatskappy sy uitvoernetwerk uitgebrei na meer as 35 internasionale markte. Dit kom […]

Read More

Trump vat Noord-Carolina, eerste swaaistaat

Uitslae in die Amerikaanse presidentsverkiesing word stadigaan bekend. Volgens die kieskollege moet die wenner 270 stemme behaal en op die oomblik loop Donald Trump voor met 230 terwyl Harris 169 het. Dit is volgens CNN. Harris het in een van haar laaste onderhoude aan SiriusXM gesê sy sal ʼn president wees wat Amerika verenig:

Read More

Tronkstraf vir omkopery, rampokkery in Fishrot-saak

‘n Voormalige polisie reservis Sakaria Kokule, 51, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis in die Windhoek-landdroshof. Twee jaar is opgeskort vir ‘n periode van vyf jaar. Hy is skuldig bevind deur landdros Kandiwapa Nembia op klagte van omkopery en rampokkery in verband met die Fishrot-saak. Hy het ‘n beampte van die Teenkorrupsie-kommissie, Junias Iipinge, 250 000 […]

Read More

Trump loop voor

Die voormalige Amerikaanse president en Republikeinse presidensiële kandidaat, Donald Trump en sy vrou Melania het in Palm Beach, Florida, gestem. Trump en die Demokratiese kandidaat, visepresident Kamala Harris, het elk minstens 270 verkiesingstemme nodig om te wen. Trump loop volgens CNN voor met 207 terwyl Kamala Harris op 91 staan. Trump het aan verslaggewers gesê […]

Read More

Groot waterprojekte onderweg in SA

Suid-Afrika se water en sanitasie-departement, in samewerking met die Trans-Caledon-tonnelowerheid, is besig met 14 grootskaalse waterinfrastruktuurprojekte ter waarde van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die water en sanitasie-minister, Pemmy Majodina, sê belangrike inisiatiewe sluit in die Lesotho Hoogland-waterprojek van 42 miljard rand en die uMkhomazi-dam van 28 miljard rand. Die sluiting van die Lesotho Hoogland-tonnel sal […]

Read More

Bibi dank verdedigingsminister af

Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu het sy minister van verdediging, Yoav Gallant, afgedank en Israel Katz as die nuwe Israeliese verdedingingminister aangewys. Gideon Saar is as minister van buitelandse sake aangestel. Netanyahu het gesê daar was te veel gapings tussen hom en Gallant oor die bestuur van Israel se oorloë. Hy het bygevoeg dat […]

Read More