Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglynJune 10, 2025

Vervoerminister Veikko Nekundi, het ‘n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi’s wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in wetstoepassing te herstel. Nekundi het dit in ‘n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering bekend gemaak.