Khama verruil politiek vir kultuursake
Die voormalige president van Botswana, Ian Khama, het sy uittrede uit die politiek aangekondig ná uitgebreide veldtogte tydens die onlangse verkiesings. Khama was die medestigter van die Botswana Patriotic Front nadat hy en die voormalige president, Mokgweetsi Masisi, se paaie geskei het. Khama sê hy beplan om as hoofman te dien. Hy het die inkomende […]
Abbas sê hy’s seker Trump sal Palestyne ondersteun
Die Palestynse president, Mahmoud Abbas, het Donald Trump gelukgewens met sy oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing en is oortuig hy sal die “wettige aspirasies” van die Palestyne vir nasieskap ondersteun. In ʼn verklaring op die amptelike Palestynse nuusagentskap, Wafa, herbevestig hy die Palestynse verbintenis tot die navolging van vryheid, selfbeskikking en nasieskap, ooreenkomstig met die […]
DBV herdenk Vrydag sy 75ste bestaansjaar
Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek vier môreaand sy 75ste bestaansjaar met ‘n fondsinsamelingsgeleentheid, “Animals by Night” by The Village Garden. Die geleentheid sluit optredes deur Riaan Smit en Savannah Collins in, sowel as kunsvertonings, ‘n stilveiling, kosstalletjies en ‘n kontantkroeg. Kaartjies kos 200 Namibiese dollar, met vroeg-bespreekte kaartjies teen 150 dollar. Die geleentheid het ten doel om die […]
GRN moet leen vir binnelandse begrotingstekort
Die finansiële jaar 2024/25-leenstrategie skets die plan om die nodige fondse te verseker om die regering se finansieringsgaping aan te spreek, met die nasionale begroting wat ‘n tekort van 8,9 miljard Namibiese dollar, of 3,2 persent van BBP voorspel. Dit is afgesien van 2,7 miljard dollar se terugbetalings van buitelandse lenings en bykomende finansieringsbehoeftes van […]
Mudge sê gesonde verstand het geseëvier met Trump se herverkiesing
Uiteindelik het gesonde verstand geseëvier en die burgers van die VSA het besluit hulle het genoeg gehad van die ‘Deep State’ wat vorige presidente soos Clinton, Obama, Biden en ook Kamala Harris beheer het. Dit is die mening van Henk Mudge, president van die Republikeinse Party. In ‘n verklaring sê hy Donald Trump se oorwinning […]
Telecom begin koperkabels met optiese vesel vervang
Telecom Namibia het agt optiese vesel-projekte voltooi, wat Namibië se telekommunikasie-infrastruktuur opgradeer het deur ou kopernetwerke wat kwesbaar is vir diefstal en skade te vervang. Die projekte het meer as 233 kilometer se vesel geïnstalleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nomvula Kambinda, die woordvoerder van Telecom Namibia…
Spaanse polisie kry 13kg kokaïen
Die Spaanse polisie het beslag gelê op 13-ton kokaïen, die land se grootste vonds nog, en een persoon gearresteer. Die polisie en doeanebeamptes het die kokaïen in die suidelike hawe van Algeciras onderskep op ‘n houerskip wat van Ecuador af aangekom het. Die skip was gelaai met kratte piesangs bo-op bokse met die versteekte kokaïen. […]
Kleinsake: Tegnologiese innoverings ontbreek
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting Namibië en GIZ Namibië, het ‘n openbare bespreking aangebied onder die tema “Oorbrug die gaping: Regeringsbefondsingsoplossings vir Namibiese begin-besighede en kleiner besighede”. Dr. Michael Humavindo, die adjunk-uitvoerende direkteur van nywerheidsontwikkeling in die industrialisasie-ministerie, het ‘n aanbieding gelewer. Humavindo sê Namibië het ‘n tekort aan […]
Spanning loop steeds hoog in Maputo
Spanning is hoog in Mosambiek se hoofstad, Maputo, weens ‘n betoging oor die betwiste verkiesingsuitslag wat vir vandag beplan is. Venâncio Mondlane, die onafhanklike opposisie-presidentskandidaat wat uit die land gevlug het ná die verkiesing, sê hy sal terug wees om sy ondersteuners in die betoging te lei. Suid-Afrika het gister sy Lebombo-grenspos by Komatipoort in […]
Harris gee nie toe oor stryd wat haar vedltog gedryf het nie
Amerika se visepresident Kamala Harris sê sy is trots op haar verkiesingsveldtog wat daarop gemik was om mense te verenig deur hul liefde vir die land. Sy het haar toegewingstoespraak in Washington DC gehou ná haar nederlaag teen gekose president Donald Trump. Harris sê sy gee toe oor die verkiesingsuitslag, maar nie die stryd wat […]