Putin sal met Trump saamwerk om doelwitte in Oekraïne te bereik

Rusland sê hy het geen illusies oor ‘n tweede Donald Trump-administrasie nie, maar sal met hom saamwerk om sy doelwitte in Oekraïne te bereik. Die Kremlin het gesê die VSA is steeds ‘n vyandige staat en dat net die tyd sal leer of Trump se retoriek oor die beëindiging van die Oekraïne-oorlog ‘n werklikheid sal […]

Read More

Amerikaanse ambassade veertjie in Windhoek se hoed

Die nuwe Amerikaanse ambassade in Windhoek is deur Engineering News Record se Global Best Projects-kompetisie as die Beste Projek in die Regeringsgebou-kategorie bekroon. Hierdie hooggeagte erkenning beklemtoon die uitsonderlike ontwerp- en konstruksiepogings agter die ambassade. Die gebou is ‘n voorbeeld van uitnemendheid in argitektuur, volhoubaarheid en innoverende konstruksiepraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die […]

Read More

Afrika-energieweek sluit gewone mense uit: omgewingsgroepe

Omgewingsgroepe, insluitend die Green Connection en Extinction Rebellion, doen ‘n beroep op die regering om op te hou om tydens Afrika-energieweek in Kaapstad vennootskappe te smee met fossielbrandstofmaatskappye. Hulle voer aan die hoë koste van die geleentheid sluit die burgerlike samelewing uit in belangrike besprekings wat fokus op olie- en gasbeleggings. Die Green Connection se […]

Read More

Macron vra Europa om saam te staan na Trump se verkiesing

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê hy en Duitsland se kanselier, Olaf Scholz, gaan hulle bewyer vir ‘n meer verenigde, sterker en soewereine Europa nadat Donald Trump die Amerikaanse verkiesing gewen het. Talle lande in die Europese Unie was skrikkerig oor die vooruitsig omdat Trump gedreig het om NAVO om te keer, ‘n vinnige ooreenkoms […]

Read More

Engelse skeidsregter vat fluitjie in Bokke vs Skotland

Rugby: Die Engelse skeidsregter, Christophe Ridley, dra die fluitjie wanneer die Springbokke Sondag op Murrayfield teen Skotland speel. Hy word bygestaan deur sy landgenoot, Luke Pearce en Craig Evans van Wallis. Die Australiër Nic Berry hanteer Vrydagaand se verwagte bulstryd tussen Ierland en die All Blacks in Dublin. Nieu-Seelander Ben O’Keeffe is Saterdag die 31ste […]

Read More

Gesondheidministerie in Harare vir belangrike vergadering

Die gesondheidministerie neem deel aan die gesamentlike vergadering van gesondheidministers en ministers verantwoordelik vir MIV en Vigs in Harare, Zimbabwe. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, woon die vergadering môre by. Nangombe het in ’n onderhoud uiteengesit wat die vergadering gaan behels.

Read More

Oliepryse steeds veranderlik: SA ekonoom

‘n Senior ekonoom van FNB Koketso Mano sê die bedreiging van leweringsontwrigtings en geopolitiese konflik in die Midde-Ooste hou steeds oliepryse veranderlik. ‘n Verhoging in brandstofpryse word in November verwag na vyf maande van agtereenvolgende verlagings. Die binnelandse prys van 95 loodvrye brandstof sal met 25-sent per liter styg, terwyl die kleinhandelprys van diesel min […]

Read More

Oekraïne kry dalk minder VSA steun onder Trump

Die herverkiesing van Donald Trump as die 47ste Amerikaanse president, kan beteken Oekraïne sal binnekort ‘n vermindering in Amerikaanse steun ervaar wat ‘n beslissende uitwerking op die oorlog met Rusland kan hê. Trump en sy verkiesingsmaat, JD Vance, het dwarsdeur sy veldtog sterk twyfel uitgespreek oor die voortgesette Amerikaanse verbintenis tot Kiëf. Trump het ook […]

Read More

91 SA spelers in veiling vir IPL

Krieket: Suid-Afrika is die land met die tweede meeste aantal spelers in die veiling vir volgende jaar se Indiese Premierliga. Indië het 1 165 spelers geregistreer en Suid-Afrika 91. Onder die beskikbare Suid-Afrikaners is Quinton de Kock, Faf du Plessis en Aiden Markram. ʼn Verrassende weglating tussen die een-duisend-574 name is die Engelse kaptein, Ben […]

Read More

Stem vir Namibië se skoonhede!

Namibiese skoonheidskoninginne is binnekort op die wêreldverhoog om aan internasionale skoonheidskompetisies deel te neem. Miss Earth Namibia Albertina Haimbala, is in die Filippyne om op 9 November aan Miss Earth 2024 deel te neem. Mej. Namibië 2023 Prisca Anyolo sal die land van 14 tot 16 November by Miss Universe in Mexikostad verteenwoordig. Kosmos 94.1 […]

Read More