Reuse skade aan die ekonomie

Volgens berigte vind geen invoer of uitvoer van vrag uit Europa en baie ander lande via Lufthansa plaas nie. Dit is omdat Paragon Aviation nog nie deur Lufthansa gesertifiseer is om grondhantering van vrag-invoere of -uitvoere via Hosea Kutako Internasionale Lughawe te doen nie. Blykbaar is die invoersertifisering met Lufthansa aan die gang, sonder enige […]

Read More

Maak of breek vir Eagles

Krieket: Namibië se Richelieu Eagles speel vandag hul laaste T20-wedstryd teen die Chevrons van Zimbabwe. Dit is ook die beslissende wedstryd in die 5-wedstryd T20 reeks, aangesien die spanne gelyk is met twee oorwinnings elk. Groot krieket word verwag, sê Rudie Van Vuuren, die president van Krieket Namibië, en die spelers het hulself goed voorberei. […]

Read More

Headspring ‘hou by wette, word vertrou’

Headspring Investments het op langelaas ‘n vrywaringsertifikaat van die Namibiese omgewingskommissaris gekry om ‘n laboratorium te bou vir die verwerking van grondmonsters in hul soektog na uraan in Leonardville. UraniumOne, Headpsrings se moedermaatskappy, se eksplorasiewerk het groot teenkanting van verskeie gemeenskappe, veral landbou, uitgelok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Riaan van Rooyen, Uranium One-woordvoerder, […]

Read More

Verifikasiestelsel wil valuta-verliese stopsit

Verliese van ten minste 3 miljard Namibiese dollar is in buitelandse valuta gely as gevolg van onreëlmatige uitwaartse oorbetalings vir nie-bestaande invoere oor ‘n tydperk van drie jaar. Die Namibiese Inkomste-agentskap sê in ‘n verklaring ’n ondersoek deur die Finansiële Intelligensiesentrum het gevind dit is weens die afwesigheid van ‘n meganisme wat handelsverklarings wat via […]

Read More

Etotha-karnaval kry fondse in

Die eerste Etotha-karnaval, wat jaarliks aangebied sal word, is by ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op Ondangwa bekendgestel. Die hoofborg, die Ondonga Tradisionele Owerheid, het 500 000 Namibiese dollar belowe vir die karnaval, wat onder meer daarop gemik is om die lewensbestaan van die plaaslike gemeenskappe te verbeter, die erfenis van die gemeenskappe te laat herleef en te […]

Read More

Dorpie Tsandi mik na dorp-status

Die raadsvoorsitter van die dorpie Tsandi, Selma Kadhila, doen ‘n beroep op die Landelike Ontwikkeling-ministerie om die raad na ‘n dorpsraad op te gradeer. Die nedersetting is in 2015 as ‘n dorpie verklaar, maar sy bevolking het hand oor hand toegeneem en sy ekonomie het ook gegroei. Kadhila het by die amptelike opening van die […]

Read More

‘Begrotingsbeleid skiet tekort’

Die DA het sy alternatiewe medium-termyn begrotingsbeleid bekend gemaak op die vooraand van die buurland se finansminister, Enoch Godongwana se amptelike aankondiging wat vir Woensdag geskeduleer is. Die DA se nasionale woordvoerder oor Finansies, Dion George, sê in hulle voorstel is daar ‘n behoefte aan beleidsriglyne wat ekonomiese groei sal bevorder en werkgeleenthede vir Suid-Afrikaners […]

Read More

Buitelandse beleid word hersien

Die Internasionale Betrekkinge ministerie bied die negende sitting van die Namibiese Konferensie vir Sendinghoofde in die hoofstad aan. Uitvoerende direkteur Penda Naanda sê hierdie twee-daagse geleentheid is ontwerp om die instel van die land se buitelandse beleid te hersien en die algehele doeltreffendheid van die Buitelandse Diens te verbeter. Die Namibiese sendings sal ook hul […]

Read More

Kommissie stel brand-ondersoek uit

Die Khampepe-kommissie van ondersoek na die verwoestende brand in Marshalltown, Johannesburg, is onbepaald uitgestel. Altesaam 77 mense is dood toe ‘n brand die gekaapte vyfverdiepinggebou in Albertstraat verwoes het. Die kommissie se voorsitter, oudregter Sisi Khampepe, het onthul die ondersoek is gestaak weens kommer oor die vergaderplek se voldoening aan gesondheid- en veiligheidstandaarde. Die hoof […]

Read More

Ouers moet help met skoolverlater-eksamens

Nie net in Namibië is leerders besig om hul skoolverlater-eksamens te skryf nie. Die finale matriekeksamen het vandag in die buurland begin, met die Engelse vraestel een. Khume Ramulifho van die DA sê ouers en gemeenskappe moet die nodige ondersteuning bied om te verseker dat leerders hulself goed voorberei vir elke vraestel. Hy sê hulle […]

Read More